advertisement
Question
Posted by: Suzanne | 2010/06/25

Breinvliesontsteking - Ek is bekommerd oor my Sussie

Hi Dok.

Ek is baie bekommerd oor my sussie. Sy is 34, het enkefalitis gehad, so 3 maande gelede. Behalwe dat sy het baie maer geword en eet ook nie goed nie, voel dit vir my of haar hele persoonlikheid verander het. Sy was altyd " outgoing" , ''n borrelende mens wat altyd gelag en gesels het, maar nou het sy in haar dop gekruip.

Die mense by haar werk sê  dat sy ook nie meer by die sosiale funksies aansluit nie, sy doen net haar werk en gesels met niemand nie.

By die huis met man en kinders, lyk alles normaal. Sy kla nie, maar iets voel vir my net nie reg nie.... Fisies lyk sy OK, maar sy kry nog soms hoofpyn. Ek het vir haar vitamine B12 gekry wat iemand aanbeveel het en Omega 3 en 6. Wat kan ek nog doen. Ek wil my sussie terughê .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Suzanne

Enkefalitis is 'n ernstige siekte en daar is wel nagevolge. Dit is belangrik om haar by 'n psigiater te kry vir evaluasie. Dit is moontlik dat sy aan depressie ly, as gevolg van die infeksie. Verwys na die volgende webtuiste oor enkefalitis: http://en.wikipedia.org/wiki/Encephalitis

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement