advertisement
Question
Posted by: Erika | 2008/06/13

BRANDPYN IN VOETE EN HANDE

Goeiedag CyberDoc
Dokter ek wil net graag uitvind, die afgelope tyd het ek so brandpyn in hande en voete, meer in my hande, die hande is sommer meer van n rooi kleur, dit gaan gepaard soms met die (needle and pin) gevoel ook. Ek begin bekommer want ek is heeltyd bewus daarvan. Sal dok se raad waardeer. Byvoorbaat dankie. groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy 'n dokter besoek om getoets te word vir "Carpal Tunnel" sindroom, sowel as Raynolds se sindroom. Hou egter in gedagte dat dit nou winter is en dat jy jou hande en voete so warm as moontlik moet hou. Die res van die behandeling hang af van die uitslag van die toetse.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Joan du Plessis | 2013/07/02

Ek het nou net geantwoord op 'n persoon wat brandende hande en voete het. Ek het genoem dat my probleem NET geweldige pyn in die hande is en nie voete nie en dat HITTE die toetstand vereger. Ek het vergeet om 'n paar ander belangrike feite te noem. Ek is reeds 70 jaar oud is en my hele lewe lank in oefening is. Ek het die laaste jare gestap- elke liewe dag. Ek het ook 2 knievervangings gehad. Met die laaste rugoperasie (Mei 2012), is daar baie toetse gedoen. Geen osteoporose en sover ek kan onthou, geen uriensuurprobleme. Ek het wel 'n geneigdheid tot lae bloedsuiker. Gebruik meestal Homeopatiese medisyne aangesien ek 'n gestel het wat maklik allergiee optel. Dalk is dit nou 'n beter prentjie. Met dank

Reply to Joan du Plessis
Posted by: Joan du Plessis | 2013/07/02

Goeiedag CyberDoc - Uit radeloosheid het ek besluit om te Google ivm min of meer dieselfde probleem....Onbeskryflike pyn en my hande wat my totaal ontneem van lewenskwaliteit en is gewoonlik is gewoonlik in trane. Terwyl ek aan die gang is, kry dit nie kans na vore te kom nie. Maar ek moet NET NIE GAAN SIT/Lê nie! En hitte, is in my geval dodelik. Wanneer ek snags wakker word daarmee, hardloop ek om by die yskas te kom. Daar het ek 'n plastiekbottel met water wat ek vries en dis is AL wat bietjie verligting bied. Ook net vir 'n tydjie. Ek het laat toets vir Karpale Tonnel sindroom, maar die kanale blyk heel oop te wees. Ek smeer Bloekom- en Laventelolie aan, wat effens verligting gee. Ek het baie erge Skoliose(rugverkromming) en het al 5 rugoperasies gehad. Ek het nogal die laaste tyd heelwat brandkolle weer wat versprei is van my nek tot by lae rug. Ek het net gewonder - kan dit nie dalk die oorsaak wees nie? Ek hoor BAIE graag u mening.

Reply to Joan du Plessis

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement