advertisement
Question
Posted by: pieter | 2012/01/12

brandende voetsole

Dr, Daar is so baie opinies oor voetsole wat brand, veral in die warmer dae.

Wat is die nuutste oor die moontlike oorsake?-en wat kan ''n ou gebruik om brand te verlig?

Baie dankie by voorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Pieter

Brandende voetsole moet ondersoek word en ek stel daarom voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek en spesiale toetse konsulteer. Die brand gevoel kan deur senuwee irritasie of besering, asook 'n swak bloedsomloop veroorsaak word. Behandeling sal afhang van die moontlike oorsaak.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/05/27

My voetsole brand snags, maar as ek my bene optrek en die sole op die matras laat rus brand dit glad nie. 3 jaar gelede het dit ook gebeur en ek het 'n reeks(6 weke 1 x per week) vitamine B 12 inspuitings gekry by my dokter en dit het heeltemal verbeter tot ongeveer 3 maande gelede.

Reply to Anonymous
Posted by: Nolla | 2013/03/22

Ek het 5 dae gelede begin met erge blaas ontsteking, het antibotika gebruik maar het nou nog steeds 'n brandende blaas en voetsole wat vreeslik brand.

Reply to Nolla
Posted by: Giel Jansen | 2012/05/12

Elke aand as ek gaan slaap, brand my voetsole verskriklik. In die dag het ek geen probleme nie

Reply to Giel Jansen | 1 comment (hide)
Posted by: OOOOM JOOP (82) | 2014/03/27

AS JY OOK ''N PENSIONARIS GAAN SLAAP SO 11:30 NM. DRINK EERS ''N STYWE DOP DIT IS BETER AS ''N SLAAPPIL .SLAAP DAN TOT 9VM.

Posted by: T De Lange | 2012/04/10

Ek het n knie beseer en ligmente geskeur. Ek ondervind deesdae erge brandende voetsole, en baie teer. Daar is ook n gevoel van dooie gevoel onder die sole.
wat kan die oorsaak wees?

Reply to T De Lange
Posted by: M. BOTHMA | 2012/03/22

Ek is moedeloos en raadop. My voetsole brand en jeuk. Die brand raak so erg dat dit blasies maak en stukkend gaan.

Reply to M. BOTHMA
Posted by: Lucille | 2012/03/03

Saans brand my voetsole verskriklik tot die volgende oggend en dit voel ook teer.Wat is die oorsaak.

Reply to Lucille

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement