advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/10/09

Brandende keel en toetse

Hallo ENT Doc,

Ek was hierdie week by ''n Internis. Hy het baie bloedtoetse, ens. gedoen vir Lupus of ander bindweefsel siektes en sonar van my nek en skildklier (baie klein kliertjies in nek wat geswel is) geen probleem gekry nie, behalwe net dat ek met ''n kroniese rooi gebrande keel sukkel en het my na Gastroentroloog verwys. Gastro-doc het Gastroskopie gedoen asook 24uur impedansie studie.

Ek het 2 Gastro inlet patches reg onder my keel, op my sluk. Asook Barrets aan die onderkant van die sluk. Die impedansie studie het gewys dat ek 45 keer in 24uur reflux kry, waarvan 14 van die patches af kom.

So, dus maak dit sin! dis hoekom ek die heeltyd die reflux in my keel voel en nie so erg van my maag af nie.

Ek wag nog op die biopsie-verslag aangesien hy toets vir H.Pylori en barrets selle vir metaplasie.

Die probleem is net dat die Nexium wat ek drink, gaan maag toe en werk nie met die patches nie en dis EINTLIK waar my grootste probleem is.

Sal dit help as ek met Zantac gorrel? Is daar enige manier om van die patches ontslae te raak aangesien my keel en stem my grootste klagte die laaste jaar is?

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte gesiggie

Die probleem ontstaan in die maag, die Nexium sal dus die oorsaak aanspreek, en op die langtermyn ook die keel laat beter voel. Die areas waarna jy verwys in die keel kan nie suur produseer nie, jy sal maar moet wag vir die middels om die maag op te klaar. Jy hoef nie die tipiese klagte van sooibrand te he om te sit met jou probleem nie. Mens verwys hierna as LPR. Jou medikasie moet vir 'n lang tyd geneem word, en baie definitief twee maal per dag. Die dosis mag selfs so hoog wees as 40mg twee maal per dag. Jou dokter sal besluit.

Vir tydelike verligting mag jy dalk waarde kry uit 'n lokale middel vir sooibrand, daar is verskeie op die mark. Dit verlig die lokale simptome, nie die oorsaak nie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement