advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2012-08-03

brand voete

Het gister duur hicking boots gekoop vir stap. Hoekom brand my voete in party skoene en party nie. Wat kan ek doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePodiatrist

Daar is verskeie redes vir brand voete. As jou voete brand slegs as jy skoene dra kan die oorsaak wees agv jou skoene, kouse en veters. Jou stapstewels behoort een grootte groter te wees as jou gewone skoen grootte. Die beste is om die binnesool uit die skoen te haal en op albei te staan - jou voet moet op die binnesool pas en daar moet n duimbreedte wees tussen jou langste toon en die voorpunt van die binnesool.
Kouse wat te dik is kan ook die oorsaak wees vir brandvoete as die skoene nie gekoop is om dik kouse te akkomodeer nie. Met stapstewels is dik kouse aan te beveel, selfs 2 paar kouse as jy op lang staptogete gaan, n dun paar en dan dik paar. Jy moet egter die stapstewels aanpas met die kouse wat jy sal dra wanneer jy die skoene koop. Die manier wat die veters ingeryg is kan ook n invloed he op hoe die skoen pas en kan brandvoete veroorsaak. Daar is verskilende maniere om jou veters in te ryg maar dit hang af van jou voet se vorm en die skoen. Nog n rede vir brandvoete kan wees as die skoen te hard is en nie genoeg kussing het nie. Indien bogenoemde nie verligting bied nie sal ek aanbeveel dat jy n voetkundige/ podiatrist gaan sien met jou stapstewels vir n ondersoek. In sommige gevalle sal jy binnesole van n voetkundige benodig. www.podiatrist.co.za 0861 100 249

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: W Wepener | 2012-08-27

Voete brand/steek gevoel as ek plat le.

Reply to W Wepener
Posted by: podiatrist | 2012-08-03

Daar is verskeie redes vir brand voete. As jou voete brand slegs as jy skoene dra kan die oorsaak wees agv jou skoene, kouse en veters. Jou stapstewels behoort een grootte groter te wees as jou gewone skoen grootte. Die beste is om die binnesool uit die skoen te haal en op albei te staan - jou voet moet op die binnesool pas en daar moet n duimbreedte wees tussen jou langste toon en die voorpunt van die binnesool.
Kouse wat te dik is kan ook die oorsaak wees vir brandvoete as die skoene nie gekoop is om dik kouse te akkomodeer nie. Met stapstewels is dik kouse aan te beveel, selfs 2 paar kouse as jy op lang staptogete gaan, n dun paar en dan dik paar. Jy moet egter die stapstewels aanpas met die kouse wat jy sal dra wanneer jy die skoene koop. Die manier wat die veters ingeryg is kan ook n invloed he op hoe die skoen pas en kan brandvoete veroorsaak. Daar is verskilende maniere om jou veters in te ryg maar dit hang af van jou voet se vorm en die skoen. Nog n rede vir brandvoete kan wees as die skoen te hard is en nie genoeg kussing het nie. Indien bogenoemde nie verligting bied nie sal ek aanbeveel dat jy n voetkundige/ podiatrist gaan sien met jou stapstewels vir n ondersoek. In sommige gevalle sal jy binnesole van n voetkundige benodig. www.podiatrist.co.za 0861 100 249

Reply to podiatrist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.