advertisement
Question
Posted by: Goeie dag | 2008/10/03

Brand Pyn op maag

Goeie dag doc

Ek het ' n brand pyn op my maag, dit is aan die bo kant en dit pyn in my rug in. Ek het niks geeet wat ek nie gewoonlik eet nie. Dit het maandag begin, ek het bietjie naar gevoel op my maag gehad. Toe begin dit net erger raak en nou het ek die brand op my maag. Is dit dalk stres? Ek is 22, en het ' n 2jarige dogtertjie. Ek het 2 weke terug gemenstrueer.

Ek hou niks van dokters nie, en bly so ver as moontlik van hulle af.
Kan ek dalk by die apteek iets kry of moet ek maar liewers dokter toe gaan?

Baie dankie vir U tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit klink asof jy 'n gastriese maagseer het of gastritis, as gevolg van te veel suur in jou maag. Stres kan definitief jou simptome vererger. Ek stel voor dat jy Gaviscon Advanced, drie maal per dag voor etes gebruik, asook Cimetadine tablette, 400mg twee maal per dag. Dit is oor die toonbank by enige apteek beskikbaar.

Vermy ook sterk kos, sowel as gaskoeldranke.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Christa | 2016/04/09

Erge brandpyn op die krop van my maag (net onder ribbes) en het so maand gelede begon. Eno's help soms vir die oomblik. Kan dit 'n reaksie teen gluten of dalk 'n mantelvlies breuk wees?

Reply to Christa
Posted by: letitia | 2015/05/21

Hi, ek het nou die afgelope jare die maag wat so brand en pyn, het al gegaan vir sonar en die kamara maar dokter sien niks abnormal nie, die afgelope maand en n half is dit baie erg dit gaan nie meer weg nie en soms maak dit Dat ek opgooi en dan my maag werk, die brand pyn is so erg Dat ek soms nie eers werk toe kan gaan nie want ek kan nie regop loop nie nie. As die brand pyn begin word die krop van my maag baie hard. Help my tog net asb want dit voel ek word. Mal

Reply to letitia
Posted by: Anonymous | 2015/05/21

ek sit met die selfde probleem dit pyn verskriklik ek het al 'n paar breuke gehad en ek het die kamera gesluk laas jaar Oktober en ek het baie suur en slym wat moet ek gebruik die pyn is hel. Susan Matebie

Reply to Anonymous
Posted by: Gracia | 2014/11/15

Goeie naand doctor ek het hierdie verskriklike pyn oor my maag reg oor my naal die pyn voel soos kraam pyn dit gaan weg paar sekondes kom dit skerp terug dit maak my loomrag en bewerig kan dokter my dalk se wat dit kan wees aseblief

Reply to Gracia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement