advertisement
Question
Posted by: Santie Bouwer | 2011-08-10

BRAND PYN IN BORS MET KOUE SWEET

Goeie more, ek wil net graag weet of ek enigsins my moet bekommer en of ek dr moet gaan sien. Ek is 52 jarige vrou, neem hormoonvervanging tablette daagliks (Premarin) vir ongeveer 13 jaar, maar het die afgelope 2 maande afgeskaal na ongeveer 2 - 3 per week. Ek rook wel. Iets eienaardig het met my gebeur laasnag wat ek nog nooit tevore beleef het nie en vreemd vir my is. Ek het ongeveer 10uur gaan slaap laasnag en omtrent 10 voor 12 wakker geword van ''n geweldig BRAND pyn in die middel van my bors en benoudheid tesame met ''n yskoue sweet, dit was nie ''n drukkende pyn nie, defnitief ''n brand pyn. Al wat ek vreemd vind die afgelope 2 - 3 dae is dat onder my regterarm (armpit) is dit gevoelig - ek neem aan dis ''n klier wat geswel is of iets. Sou u moontlik kan se of dit iets is om oor te bekommer - wil nie onnodig dr toe gaan nie. Sal waardeer as u moontlik kan se wat hierdie simptome beteken ? Baie dankie groete Santie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Dag se Santie.

Jy is nog jonk, maar bors pyn - selfs 'n brandpyn in die bors - moet altyd as belangrik beskou word - veral in pasiente wat rook, en veral as dit gepaard gaan met kortasem, sweet, ens. Gaan sien asb jou dokter, dit sal nie 'n onnodige besoek wees nie. Dis belangrik.

Die gevoeligheid onder die arm is niks met die hart te doen nie, maar die brandpyn in die bors sal moet geondersoek word.

Sterkte!

JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015-06-13

Hi daar ek wil graag weet wat veroorsaak n benoude gevoel en bran pyn in die bors en kort van asem en n vreeslike moegheid . Kan iemand dalk raak gee . Baie dankie

Reply to Anonymous
Posted by: S.M. | 2011-08-15

Geagte dame

Ek''s geen dokter nie maar was al onder die mes... Hartomleiding...

Jy moet so gou as moontlik by ''n dokter uitkom... EKG ens. laat doen. Wat jy kry is presies wat ek oorgekom het...

Ek het self gerook maar dit sonder hulpmiddels gestaak - ter wille van oorlewing. Rook het my hart help opmors...

Baie sterkte en, dokter, baie dankie vir jul wonderlike hulp hier! Beste wense!

S

Reply to S.M.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement