advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/06/15

BP

Hallo Ek het sopas ontdek ek het hoë  Bloedruk, 150/80. Ek is ook oorgewig en weet om gewig te verloor sal nou die beste wees om my bloed druk af te kry (ek is 26 jaar oud). Kan Dr asb vir my laat weet wat om te vermy vir Hoe bloedruk? Ek weet sout en koffie is uit... Is daar nog goed? Ek gan die weight watchers plan volg maar will net graag weet wat om nog uit te los om my bloeddruk af te kry. Ek neem ook nou Flaxseed Oil Capsules en Garlic en Parsley daagliks. Stel Dr nog iets voor? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste BP
Daar is 'n spesiale dieet ontwerp in die VSA, naamlik die DASH-dieet wat vir hoë bloeddruk en gewigsverlies kan help. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'You are what you eat' en 'Hypertension' en lees die artikels oor die “DASH Diet”. As jy wel die “Weight Watchers” plan gaan volg (wat ook 'n uitstekende program is vir gewigsverlies), dan moet jy net sorg dat jy jou sout beperk - dit sluit in sout wat by kos tydens gaarmaak gevoeg word, sout of natrium (“sodium” in Engels) wat in geprosesseerde kosse voorkom (kyk op die etikette) en selfs natrium wat in produkte soos tandepasta voorkom. Praat met jou dr oor die soort oefening wat jy kan doen, bv. gaan stap elke dag vir 30 minute. Maar klaar dit eers uit met die dr voor jy begin om te oefen sodat jy jou nie skade aandoen nie. Gereelde daaglikse oefening kan ook help om jou gewig te laat daal en jou bloeddruk te verbeter.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement