advertisement
Question
Posted by: Mamma | 2009/05/13

Borsvoed tot wanneer

Hi dokter
Ek het twee kindertjies. My jongste is nou 8.5 maande oud. Ek borsvoed hom nog, maar ek oorweeg dit om te stop. Hy is nie meer geinteresseerd om te borsvoed nie en byt my sommer as ek probeer om hom te voed... en hy het al vyf tande! Hy eet goed en drink graag vrugtesap uit ' n bekertjie met ' n tuit. Soms drink hy ook formule melk ( S26 goud) uit sy bottel. Dit lyk net asof hy nie juis meer lus is vir melk nie. Hy eet eerder of drink sap.
Ek het my eerste babatjie tot op tien maande geborsvoed en wil graag dieselfde vir my jongste doen. Wat is die verskil of ek nou of op 10 maande ophou borsvoed en net formule melk en sy kos gee?
Ek voel skuldig om op te hou, want hy het ook onlangs middeloorontsteking gehad en moes pypies kry. Eers het ek gedink dis waarom hy nie aan my wil drink nie en het toe borsmelk uitgemelk en in ' n bottel aangebied. Tog lyk dit asof hy die formule melk verkies.
Ek verstaan dit kan dalk weens die oorpyn wees, maar hy verkies sap bo melk uit enige houer/ beker/ bottel.
Ek melk nou maar uit om my melk produksie aan die gang te hou, maar op die ou einde moet ek maar tog die melk weggooi, want hy wil dit nie hê  nie.
Dis vir my ' n geweldige tweestryd, want aan die een kant voel ek dis so naby aan tien maande dat ek net sowel moet probeer deurdruk, maar aan die ander kant wonder ek of ses weke werklik so ' n noemenswaardige verskil gaan maak aan die voordele van borsvoeding.
Ek moet erken, ek is eintlik moeg vir borsvoed, maar my seuntjie se belange kom eerste en wat ookal die beste vir hom is, sal bepaal wat ek doen.
Wat dink u?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mamma

Die eerste 6 maande is eintlik die belangrikste. Hoe langer mens kan aanhou hoe beter, maar op 8.5 maande is dit nie noodwendig sleg vir die kind as hy ophou nie. Hulle moet egter formule melk kry en geen koeimelk nie, tot oor 'n jaar oud.

Die Wereld gesondheid organisasie beveel aan dat ma's tot 2 jaar borsvoed maar dit is grootendeels vir die bevolkings wat nie toegang het tot steriele bottels en water en melkformule nie.

Kinders verskil, met party kan mens langer aangaan en ander besluit vroeer hulle wil nie meer drink nie of hulle begin die bors net as 'n dummy gebruik.

Dis beter dat hy formule melk drink as sap want dit maak sy tande vroeg vrot en moet eintlik vermy word ( dit het meer suiker in as Coke!)

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/15

I fed all my kids till 9months, then they went onto the bottle.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement