advertisement
Question
Posted by: Jenna | 2010-01-27

Borspyne tydens swangerskap en hoe lank is dit?

Hallo dokter
Ek het onlangs vir ' n swangerskap toets (bloedtoets) gegaan, en dit het positief gewys, maar my telling is nog baie laag. My ginikoloog gaan Vrydag weer ' n bloedtoets doen om te kyk of die telling gestyg het. Ek moet eers vandag my maanstonde kry so dit is nog baie vroeg as ek wel swanger is. Hoekom ek die toets so vroeg laat doen het is omdat ek my maandelikse roetine so goed ken dat ek dadelik geweet het ek is dalk swanger en ons het my ovulasie baie goed dopgehou. Dit was presies dieselfde met my vorige swangerskap. Ek was maar net 2 weke toe ons uitgevind het met ' n interne scan.
Wat ek einlik wil weet is wat kan ek gebruik, of wat moet ek doen oor my seer borste. Dit is so seer dat ek skaars kan asemhaal, en baie pynlik as ek selfs loop. Ek kry kort kort sulke skietpyne in my borste. Ek het dieselfde met my vorige swangerskap gehad maar kan nie veel onthou daarvan nie maar dit was definitief nie so seer nie. Ek het ook weer melk begin produseer. Net druppels. My borste het ook harde knoppe wat ek aanneem die geswelde kliere is?? Sal panado werk vir die pyn? Omdat dit so vroeg is wil ek niks gebruik wat my telling kan laat sak nie. Ons wil baie graag ' n gesonde swangerskap he en wil niks doen om dit te beinvloed nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenna
Dis dalk van die veranderende hormoonvlakke.
Probeer maar Voltaren jel smeer, dit mag ook help om vit B aanvullings te neem ( Vit B 6 help vir seer borste) Panado is veilig in swangerskap. Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: pearl | 2015-01-06

Wil weet hoe lank bly jou borste seer ek is omtrent 7 weke swanger.

Reply to pearl
Posted by: Lynn de Jgaer | 2010-07-12

Ek onderving skiet pyne , warm gevoel in my borste
Kan dit menopase wees...Is nou 42 jaar oud asook hartkloppings , dit voel of my hart by my keel wil uitspring en dan sulke warm gloede daarna,Is nie elke dag nie en party dae is dit erger as gewoonlik en my mentrsuasie siklus is anders waar dit gewoonlik 4 dae was is dit nou 2 dae en dan weg vir 2 dae en dan weer terug

Reply to Lynn de Jgaer
Posted by: cyberdoc | 2010-01-27

Hallo Jenna
Dis dalk van die veranderende hormoonvlakke.
Probeer maar Voltaren jel smeer, dit mag ook help om vit B aanvullings te neem ( Vit B 6 help vir seer borste) Panado is veilig in swangerskap. Sterkte!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement