advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009-06-24

Borspyne

Hi Doc,

Goeie goed is skaars :) eintlik gaan dit baie goed met my. Ek drink " Herbalife"  se produkte wat baie anti-oksidante en goeie goed bevat en was nog nie een dag siek hierdie winter nie!

My navraag vir vandag: dis nou al 15 maande na die operasie en my bors pyne elke dag al vir die afgelope 15 maande. Dit brand en ek moet dit letterlik vryf voor dit beter voel. Ek is oortuig daarvan dat dit net die sternum-drade is, want dit is hoog bo, amper in my kuiltjie en bietjie na regs, maar min of meer op dieselfde plek.

Ek het die laaste ruk bietjie gewig verloor en dis asof my vel op my borsbeen baie " dun"  geraak het en die pyne meer prominent is.

Ons het verlede jaar gepraat oor die verskeie opsies voor ' n mens die uiterste laat doen (nl. sternum drade verwyder).

Is dit nog net deel van die " gesond word"  of gaan hierdie drade vir altyd pla en seer maak?

Dankie Doc. Lekker dag :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Lekker om weer van jou te hoor. Jy het dalk bietjie inflammasie in die gewriggie tussen die borsbeen en die ribbe -die drade sit dalk bietjie meer stremming daarop. Probeer bietjie Arnica of Voltaren gel op die area. Ek dink dit is gesond - die insidensie van chroniese post torakotomie pyn is 50%, so dit is baie algemeen en dit gebeur maar omdat hulle deur oppervlakkige senuwees moet sny en ook die been moet deursny. (http://www.anesthesiaweb.com/new_direction/lit/01jan/rr-00dec22-LR-chronicpain.shtml)
As pynpille en anti inflammatoriese middels nie help nie, kan jou dokter jou dalk vir 'n proeftydperk op Tryptanol 25 mg saans sit - dit is 'n ouerige antidepressant maar dit werk goed vir senuwee pyne soos na 'n amputasie of gordelroos omdat dit jou pyndrempel verhoog en abnormale pyn impulse onderdruk.

Gaan dit andersins goed - hoe doen die swelling en die duiseligheid?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement