advertisement
Question
Posted by: SM | 2011/03/08

Borspyn

Ek ondervind gereeld pyn in my linkerbors, dit is meesal steekpyne en dit affekteer die spiere rondom dit ook. My hele linkerbors is nou al twee dae lank aan die brand. Dit het al voorheen gebeur en dan het ek hospitaal en dr toe gegaan. EKG en bloedtoetse het niks opgelewer wat betref my hart nie. Wat kan dit wees want ek kan amper nie glo dat dit stress verwant kan wees soos wat my dr gesê  het nie. As ek op my linkersy lê  in die aand voel ek my hart tot in my linkerarm klop en dit is versrkiklik seer. Dit is letterlik seer daar waar my hart klop. Ek is 29. Wanneer ek my linkerarm uitstrek en my vingers reguit maak kan ek voel hoe trek die spiere agter my bors, dit brand soos wat dit trek. En hoe banger ek vir die brandgevoel en pyn word hoe erger word dit. Wat kan dit wees? Hoekom voel dit soos my hart as dit nie my hart is nie? Waarom as dit stress verwant is is die pyn nie ook in my regter deel van my bors nie? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo SM
Dit klink vir my of jy dalk 'n borskaspyn het wat verband kan hou met 'n "trigger point" in jou nek of rug of borskas spier. Kyk of jy by 'n fisioterapeut kan uitkom vir 'n evaluasie. Trigger points kan verwysde pyn in die bors, arm en skouer veroorsaak. Hulle moet gewoonlik die punt vind en dit behandel met massering of "dry needling" wat die spasma breek en die pyn verlig. Laat weet my of jy reggekom het?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/08

Hallo SM
Dit klink vir my of jy dalk 'n borskaspyn het wat verband kan hou met 'n "trigger point" in jou nek of rug of borskas spier. Kyk of jy by 'n fisioterapeut kan uitkom vir 'n evaluasie. Trigger points kan verwysde pyn in die bors, arm en skouer veroorsaak. Hulle moet gewoonlik die punt vind en dit behandel met massering of "dry needling" wat die spasma breek en die pyn verlig. Laat weet my of jy reggekom het?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement