advertisement
Question
Posted by: Bekommerd? | 2010/07/24

Borskaspyn

Hi Doc, ek is ''n jaar gelede gediagnoseer met depressie en gebruik 3 Cilift pille elke dag. 2Weke gelede het ek skielik na ''n lang tyd weer borskaspyne begin kry. Die GP het my op Stresam 3keer/dag gesit. Die borskaspyn het erger geword,die dr. het allerhande toetse gedoen, my hart is ok, my bloeddruk en yster is ook normaal en neurologies is ek ook goed.Gister het die dr.my op ''n sterker strespil, Xanor 1pil saans gesit. Vanoggend toe het ek geen borskaspyn meer nie, maar die pyn het van linker bors na linker arm beweeg en my arm is lam vanaf die skouer. Wat kan dit wees, kan stress sulke dinge veroorsaak?Die probleem is ek weet nie waaroor ek stres nie, voel nie gestres nie, kan dit dalk in my onderbewussyn wees?Het my stres hanteerbarevlakke (threshold) so afgeneem dat ek glad nie stres kan hanteer nie? As ek teen Maandag nog hierdie pyne kry, gaan die dr. my hospitaal toe stuur vir nog toetse, watter toetse kan dit wees nadat die dr. alles getoets het?Kan ''n mens ooit toetse vir stres doen of ontdek deur sekere toetse? Ek is 42jaar oud en het ''n 8jarige seun en 10jarige dogter wat my nodig het, want my man werk baie van die huis af. Help asb. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Stres kan beslis hierdie simptome veroorsaak en ek stel voor dat jy 'n psigiater vir stres hanterings terapie konsulteer.

Dit is ook moontlik dat jou borskaspyn kardiovaskuler verwant is. Dus is dit baie belangrik om 'n kardioloog te konsulteer vir 'n stres EKG en moontlike verdere toetse.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: johan | 2010/10/20

ek het i pyn in my bors gekry , daarna het ek naar gevoel en my linker arm was soos ek dit gestamp het lam my linker hand was ook lam veral my pinkie en vinger langs hom dit was sondag vanaand het dit weer gebeur is dit spanning of moet ek maar by a dokter kom

Reply to johan
Posted by: Hermien Pieters | 2010/09/13

My pa het al ''n rukkie borskaspyne. 3jr terug was hy hospitaal toe gewees, dokter toe, alle moontlike toetse was op hom gedoen, hy was selfs by ''n hartspesialis. niemand kry iets fout nie. Hy het ''n mantelvliesbreuk, maar die dokters het gese dit is nog baie klein, dit is nie dit nie. die pyn strek oor sy hele bors, en dit is nie elke dag op dieselfde plek nie. het doc dalk raad asb? ons is baie bekommerd. my ma is ''n verpleegster, en sy spyt hom omtrent elke aand in omdat die pyn onverdraagbaar is. HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Reply to Hermien Pieters

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement