advertisement
Question
Posted by: Greg87 | 2012/09/27

bors pyne

Goeie dag.ek is nou 25 Jaar oud en ek het nou so twee maande trug begin met bors pyne en is na my gp toe vir raad hy het gese dat dit n mantelflies breek kan wees en vir my altosec voorgeskryf en my verwys na specialis vir n gastroskopie ek gaan nou oor n week vir dit. maar so week trug het ek begin pyne in my regter borskas kry so as of dit n druk pyn is nou en dan kom hy deer met n steek pyn. ek is geduurig tam en raak soms uitasem.ek het op die oomblik bietjie stres van my werk en ek het my pa so 3 maande trug veloor aan n hartaanval so nou stres ek oor my hart.kan eenige iemand my raadf gee met die van die oyne in my bors groot asb ek het slaap loose nagte met die pyne. en ek het gerook vir omtrent 4 jaar maar het so e maande trug op gehou rook.ek het ook al my colestrol getoets en ek het nie colestrol nie ek weet my pa het die probleem gehaad van die vernouing van die are.dit voel ook partykeer of my vel n brandende gevoel het kan u asb min of meer vir my kan se wat die oorsaak is van my pyn in die bors.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Greg

Wat jy moet onthou is dat jou risiko van hartsiekte op jou ouderdom van 25 baie laag is, (tensy jy ‘n roker is of suikersiekte of ‘n oorerflike hoe cholesterol het). Dit klink vir my geen van die drie is van toepassing nie. Die pyne in jou bors klink vir my hulle is die gevolg van stress, veral na jy jou pa verloor het.

‘n Mandelvliesbreek is onwaarskynlik in ‘n jong man van jou ouderdom, maar nie onmoontlik nie. As jy nog ongerus voel, ek wil voorstel jy raadpleeg ‘n goeie internis of ‘n kardioloog, wat vir jou sal kan se wat is die oorsaak van jou pyn, wat is die toestand van jou hart, en het jy ‘n mandelvliesbreuk of nie.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement