advertisement
Question
Posted by: W | 2011-03-23

Bors Pyn

Ek sukkel al ''n hele ruk met pyn aan die linkerkant van my bors.

In die verlede het dit gekom en gegaan maar meer onlangs is dit permanent daar as ''n dowwe pyn, met skietpyne nou en dan. Ek is ''n paar jaar terug ingelig dat ek Perikarditis ook ontwikkel so ek weet nie of die simptome en diagnose dalk saamwerk nie?

Ek was al ''n paar keer by spesialiste om die probleem te probeer oplos maar volgens terugvoer na hart sonar ens is daar absoluut niks fout met my hart nie. Ek vind dit steeds moeilik om te glo aangesien die pyn totaal anders voel.

Maar dit kom nou op die punt waar ek definitief wil weet wat aan die gang is aangesien dit definitief nie normaal is nie. Enige idees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo W
Borskas pyn kan van verskeie strukture af kom - jou hart, jou longe, slukderm spasma, diafragma breuk of spiere en gewrigte van die borskas. Mens kan selfs verwysde pyn van die rug af kry in die bors. Baie keer moet mens maar by 'n punt begin en alles deurkyk. Ek stel voor as hulle EKG en hartsonar gedoen het, asook hartensieme, en als is normaal, dat mens volgende dalk kyk of daar 'n diafragma breuk is en 'n long x straal neem. Ek sou ook vra dat 'n fisioterapeut kyk of jy enige "trigger points" in die rug of tussenrib spiere het wat die pyn kan veroorsaak.
Lees meer op http://www.emedicinehealth.com/chest_pain/article_em.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ansley | 2014-08-23

Ek het die afgelope 2 weke al n pyn op my regterbors. Dit wil nie weg gaan nie en dit gebeur slegs snags. Vir n ruk kan ek nie asem kry nie en dan kan ek my skaars beweeg nie. Gisteraand was dit erger. Ek moes net stilsit. Dit het geboel asof ek aan't sterwe was. Ek is maar nou eers 20

Reply to Ansley
Posted by: Cyberdoc | 2011-03-23

Hallo W
Borskas pyn kan van verskeie strukture af kom - jou hart, jou longe, slukderm spasma, diafragma breuk of spiere en gewrigte van die borskas. Mens kan selfs verwysde pyn van die rug af kry in die bors. Baie keer moet mens maar by 'n punt begin en alles deurkyk. Ek stel voor as hulle EKG en hartsonar gedoen het, asook hartensieme, en als is normaal, dat mens volgende dalk kyk of daar 'n diafragma breuk is en 'n long x straal neem. Ek sou ook vra dat 'n fisioterapeut kyk of jy enige "trigger points" in die rug of tussenrib spiere het wat die pyn kan veroorsaak.
Lees meer op http://www.emedicinehealth.com/chest_pain/article_em.htm
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement