advertisement
Question
Posted by: Moedverlore | 2008/07/16

Booswig

Wat noem jy iemand wat sy vrou vir meer as 50 jaar sielkundig erg mishandel, haar niks in die lewe gun nie, haar sleg maak voor almal en sy eie beul blaas. Sy kinders teen mekaar opmaak vir eie gewin, alles wat verkeerd loop in sy lewe, blameer op sy vrou. Toon geen respek vir ander mense nie, verjaag en verskreeu mense wat hy nie van hou nie, kinders wil hom nie bel nie, oor sy optrede en blameer dan sy vrou, omdat sy hulle kastig opmaak. Praatjies opmaak van hoe hy gewerk het en altyd die beste was en is, altyd die laaste se moet he en weet alles in die lewe. Vertel altyd 'n beter storie en alles het al met hom gebeur.
As kinders is ons uit die huis gejaag en moes donker nagte in die veld slaap, sonder enige roubetoon en was nugter. As die hond nie doen wat hy se nie, skiet hy hom dood, een hond het sommer weggeloop en nooit teruggekom nie. Stir moeilikhied in die familie en staan terug en se, hy weet van niks nie. Bekruip mense wat gesels, net om te hoor of hulle nie van hom skinder nie, ry weg van die huis af, parkeer en loop huistoe om te hoor of sy vrou nie op die telefoon skinder nie.

Is daar 'n mediese kondisie wat dit alles kan veroorsaak ? Moet wees, een mens kan nie so boosaardig wees nie, verduidelik net die kondisie asseblief ?
Groete.
Kan nie meer nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

You cal, such a person an abuser. The abused person should see a personal counsellor to repair the damage caused by the abuse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gracie | 2008/07/17

Hy is 'n "bully" - daar is geen ander woord om so 'n mens te beskryf nie! Hy is siek en het ernstig hulp nodig!!


Reply to Gracie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement