advertisement
Question
Posted by: Esmé  | 2011/08/29

BMI

Ek is ''n vrou, 28 jaar oud. Ek is 1.63m lank en weeg tussen 61 en 62kg. Is dit te veel? Wat is my ideale gewig? Ek gebruik al vir ''n jaar lank nie meer voorbehoeding nie en het gewonder of dit dalk die oorsaak is dat ek 2kg opgetel het (het gewoonlik tussen 59 en 60kg geweeg). Ek eet regtig glad nie baie nie, maar sukkel vreeslik om gewig te verloor. Wat kan dit veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Esme
As jy 62 kg weeg, is jou huidige BMI = 23,3, wat al baie naby die ideaal vir volwasse vroue is. Om 'n ideale BMI van 22 te hê, behoort jy 59 kg te weeg, dus 'n verlies van tussen 2 en 3 kg. Dit is moontlik dat die kontraseptiewe hormone, in jou geval gehelp het om jou gewig konstant te hou. Die reaksie van vrouens op die pil, is baie individueel - sommige tel gewig op, terwyl ander weer gewig verloor. Omdat jy net 2 kg het om te verloor, sal ek voorstel dat jy dit doen deur meer aktief te word en elke dag te oefen. Jy kan bv. elke dag vir 30 minute gaan stap, of fietsry, of touspring of swem (die somer is op pad!). Sulke aërobiese oefening kan jou metabolisme stimuleer en sal wel die 2 kg oor tyd afskud. Klik op ‘DietnFood’ bo aan hierdie bladsy en dan op Weight Loss’ om te lees oor die verskillende faktore wat gewigsverlies kan bemoeilik.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/08/29

Beste Esme
As jy 62 kg weeg, is jou huidige BMI = 23,3, wat al baie naby die ideaal vir volwasse vroue is. Om 'n ideale BMI van 22 te hê, behoort jy 59 kg te weeg, dus 'n verlies van tussen 2 en 3 kg. Dit is moontlik dat die kontraseptiewe hormone, in jou geval gehelp het om jou gewig konstant te hou. Die reaksie van vrouens op die pil, is baie individueel - sommige tel gewig op, terwyl ander weer gewig verloor. Omdat jy net 2 kg het om te verloor, sal ek voorstel dat jy dit doen deur meer aktief te word en elke dag te oefen. Jy kan bv. elke dag vir 30 minute gaan stap, of fietsry, of touspring of swem (die somer is op pad!). Sulke aërobiese oefening kan jou metabolisme stimuleer en sal wel die 2 kg oor tyd afskud. Klik op ‘DietnFood’ bo aan hierdie bladsy en dan op Weight Loss’ om te lees oor die verskillende faktore wat gewigsverlies kan bemoeilik.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.