advertisement
Question
Posted by: mamma | 2009/04/15

bloukolle rede vir kommer?

My seuntjie is hoogs allergies vir suiwel en eiers.Die dokter het ook yster (chelafer) voorgeskryf wat hy nou vir 5 maande moet drink omdat sy yster telling laag is.Sy beentjies stamp sommer vir niks vol bloukolle,hy is ' n seuntjie en rof,maar selfs waar sy enkels teen mekaar stamp,of sy kniee dan word dit blou.Buiten die yster wat hy nou al 2 maande drink,gee ek al vir ' n jaar lank vir hom calsuba junior as ' n kalsium aanvulling.Kan dit wees dat hy nog ' n tekort aan iets het?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mamma
Ek kan glo dat jy bekommerd is oor jou seuntjie se neiging om bloukolle te ontwikkel. Dit is egter een van die newe-effekte van 'n ystertekort wat die dr alreeds met die pille behandel. Voedsels wat ryk bronne van yster is, sluit in: Lewer, rooi vleis, eiergeel, vis, peulgroente, yster-verrykte brood en ontbytgrane en droë vrugte soos rosyntjies. Maak seker dat hy elke dag 'n bron van vitamien C (lemoensap of lemoene, aarbeie, koejawels, spanspek, papaja, ens) inneem wanneer hy die ysteraanvulling drink want vit C help met die opname van yster. Dit kan 3 tot 5 maande duur totdat sy liggaamsvoorade van yster weer aangevul is, wees dus geduldig.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement