advertisement
Question
Posted by: annelie | 2011/06/22

bloukolle op bene

Hi,

Ek is ''n 22-jarige vrou wat al van ouderdom 14 sukkel met ''n ystertekort. Ek het aan en af Chela-fer gebruik (soos voorgeskryf deur ''n dokter) tot ouderdom 20. Daarna het die tekort opgeklaar. Ek skenk gereeld bloed en my ystertelling daar was altyd normaal.

Ek het onlangs meer oefening begin doen (fietsry) en kry nou weer die verskriklikste bloukolle op veral my bene. Dit is definitief nie normaal nie en nie net as gevolg van stampe met die fietsryery nie. Dit lyk asof ek ''n slagoffer van huisgeweld was of sleg tweede gekom het in ''n paintball-wedstryd.

Ek het nou weer begin met chela-fer en drink 1 (15 mg) pilletjie daagliks.

Ek is nie op die pil nie en drink oratane nou al vir 4 maande. Die oratane is die rede waarom ek nie onlangs bloed kon skenk nie en nie weet hoe my ystertelling lyk nie.

Ek kry ook baie min vleis en ander ysterryke kos in. Maar probeer nou meer daarvan eet. Ek probeer gewig verloor en volg ’ n hoë  protï en dieet waar ek soggens twee eiers eet en smiddae en saans meestal hoender. Ek probeer egter nou meer rooivleis eet. Ek sukkel nie met cholesterol nie.

Wat ek wil weet is of hierdie bloukolle as gevolg van ''n ystertekort is en of daar ''n ander oorsaak kan wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annelie

Die blou kolle is moontlik as gevolg van swak bloed stolling na ligte beserings van subkutane weefsel. Jy kan jou dokter konsulteer vir bloedtoetse en 'n stol profiel. Die ystertekort moet ondersoek word, want daar is verskillende redes vir 'n lae yster serum.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement