advertisement
Question
Posted by: Monique | 2012/07/13

Blou kolle

My dogter van 15 het blou kolle op haar bo-bene, hier en daar op haar maag uitgeslaan. Sy jik ook verskriklik. Die dr het bloedtoetse laat doen en die uitslae was normaal, nl:-
VOLBLOED
Hemoglobien 13.5
Rooisel 4.59
Hematokrit 39.6
GKV 86.3
GKH 29.4
GKHK 34.1
RDW 12.1
Witseltelling5.21
Neutrofiele 45.6
Neutrofiele abs 2.38
Limfosiete 41.1
Lifos. abs 2.14
Monosiete 7.7
Monos. abs 0.40
Eosinofiele 5.0
Esosinof. abs 0.26
Basofiele 0.6
Basof. abs 0.03
HEMOSTASE
PT 10.6
INR 1.0
aPTT 27.0
aPTT-verhouding 1.0
LEWER
Totale proteien 74
Albumien 43
Globulien 31
Bilirubin totaal 12
Bilirubien gekonjugeer 2
Bilirubien ongekonjugeer 10
Alkaliese fosfatase 84
Gamma-GT 11
ALT 16
AST 23
Laktaatdehidrogenase 233
Cholesterol totaal 4.4

Die dr het gese ek moet haar na ''n Internis neem sodat hy na die bloedtoetse kan kyk. Moet ek enigsins bekommerd wees? Watter moontlike toetse kan gedoen word om uit vind hoekom sy so vol blou kolle is.

Sy eet glad nie groente of vrugte nie. Dis net brood met kaas en kropslaai of Sjokolade Prunutro van die more tot die aand. Sy is ook verslaaf aan sjokolade, koekies, boksie vla en roomys. Sy sal slegs vleis eet as dit in ''n bredie is of as dit gebraai is oor die kole. As sy wegneemkos koop dan is dit McDonalds (darem nie te gereeld nie) Sal ook eerste slaptjips eet voordat sy die burger eet.

Sy wil eenvoudig nie na my luister om gesonder te eet nie. Ek is baie bekommerd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Monique

Haar bloed uitslae kom normaal voor en ek kan regtig geen rede sien vir haar simptome nie. Dit is moontlik dat sy maar net 'n virale ontsteking het, maar selfs dit sal in die bloedtoetse opgetel word. Jy sal daarom 'n internis moet konsulteer. Daar is geen rede tot kommer, alvorens jy 'n internis gekonsulteer het nie.

Terugvoering sal waardeer word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Corné  Mills | 2012/08/21

Ek wil net verneem, ''n rukkie, ongeveer so drie weke gelede is ek net bokant die knie getref deur ''n hokkie-bal. Die plek was onmiddelik blou en rooi. Die blou is nou bykans heeltemal weg maar daar is knoppe waar die bloukol was. Is dit die bloed wat hard geword het, en is dit gevaarlik? Soms brandpyn dit.

Groete

Reply to Corn&#233  Mills

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement