advertisement
Question
Posted by: Peanut | 2008/11/17

blood pressure

Hallo Dr Bets, ek het vir die afgelope 5 weke al ' n ' drukkende'  hoofpyn agter my oë  wat net nie skiet nie, het al ALLES probeer en is vanaf verlede week is ek ook naar en ' hoor &  voel'  ek letterlik my hart klop, is BAIE moeg en voel of my oë  uit my kaste gaan ' pop' . Ek was verlede week by my GP wat jy bloeddruk getoets het en was 140/100, was toe op Cortisoon, Veltex &  Sanap Forté ....maar het niks gehelp nie. Ek laat my bloeddruk elke 2de dag toets en wissel tussen 130/95, 135/95, 140/95, maar die onderste ene bly op 95. Ek neem ook Pur-Bloka, 2 in die oggen die &  2 in die aand. My GP sê  dat sy nie bekommerd is daar oor nie, en dat ek maar net moet aanhou met die Pur-Bloka en vir die week weer my bloeddruk laat toets. Ek sal ' n 2de opinie opreg waardeer ... het ek rede tot kommer? Ek is ' n bjietjie oorgewig en werk onder geweldige spanning. Baie dankie, Peanut

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Peanut - jou bloeddruk is grensgraad hoog, maar mens moet so maand op bloeddruk pille wees voor jy regtig 'n verskil sien. Die hoofpyn kan wees agv spierspanning in jou rug en nek - pynpille help nie juis daarvoor nie, maar fisioterapie doen wonders. Die purbloka kan jou moeg laat voel. Sit bietjie 'n warmwatersakkie tussen die blaaie en "bribe" iemand in die huis om jou nek en borug vir jou te vryf. Probeer Adcodol - pasop net dit is baie sterk, en bevat kodeien en meprobamaat wat 'n spierverslapper is maar ook verslawend is, so dis nie iets wat mens elke dag moet drink nie! Ek dink Fisioterapie is die antwoord, maar dit kan soms bietjie duur wees, tensy jy medies het wat dit sal betaal.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement