advertisement
Question
Posted by: Mita | 2008/10/24

Bloedtoetse vir depressie

Hallo Bets

Ek wil graag weet watter bloedtoetse ek moet neem om vas te stel wat my depressie veroorsaak. Ek het 4 maande terug ' n dokter besoek en hy het my op Yasmin gesit sowel as Prime-eve Plus en gese ek moenie nou enige bloedtoetse doen nie want dis dalk onnodig en duur. Hy het gese ek moet geduldig wees, dit gaan so drie maande neem om beter te voel. So drie weke terug is ek weer na hom toe en hy het vir my gese ek het te vroeg teruggekom, maar vir my Epitec ook voorgeskryf.

Ek wil regtig nie weer teruggaan en hoor hoe geduldig ek moet wees nie, ek wens party dae ek hoef net te slaap en niks te voel nie. Ek dink daaraan om die ginekoloog te sien, maar ek' s bang dit help ook niks. Hoe weet ek watse bloedtoetse moet ek laat neem en wat die resultate moet wees?

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mita

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Daar is 'n hele battery toetse wat gedoen moet word, wanneer die diagnose van depressie gemaak word. Ek stel dus voor dat jy 'n afspraak by 'n psigiater maak, sodat hy/sy jou kan evalueer en vir die nodige toetse kan stuur, indien nodig.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement