advertisement
Question
Posted by: Sheena | 2012-04-12

Bloedtoets uitslae..??

Hallo Dokter..ek is Vroulik, 41 en gebruik LIPOGEN 20mg vir oorerflike cholestrol. Ek het onlangs vir bloedtoetse gegaan en my dokter het gese dit is normaal. Ek het afskrifte gevra en raak gesien dat die GKV en GKH hoog is. Wat beteken dit..?? Ek gaan die uitslae tik soos wat dit op die verslag is.
Hematologie..Rooiselle..
Rooiseltelling Myne is 3.41 LAAG Skaal is 3.7 - 5.3 x10 12/1
Hemoglobien Myne is 12.6 Skaal is 12.0 - 16.0 g/dL
Hematokrit Myne is 0.36 Skaal is 0.35 -0.45 L/L
GKV Myne is 106 *HOOG Skaal is 81 - 100 fl
GKH Myne is 37 HOOG Skaal is 28 - 35 pg
GKHK Myne is 35 Skaal is 32 - 37 g/dL
RDW Myne is 13.3 Skaal is 10- 15

Ek sal dit baie waardeer as Dokter vir my kan probeer verduidelik waarvoor die GKV en GKH staan en waarom dit so hoog kan wees en WAT DIT VIR MY GESONDHEID beteken.

Dankie vir Dokter se tyd..!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sheena

Die gemiddelde grootte van die rooibloedselle is verhoog. Dit kan as gevolg van 'n vitamien 12 en folaat tekort wees. Dit kan egter ook op lewersiekte en 'n onderaktiewe skildklier en swangerskap dui. Herkonsulteer jou dokter vir verdere ondersoeke.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement