advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/03/19

Bloedtoets

Goeie mô re dokter

Ek hoop dit gaan goed.

Ek het die naweek met ''n vriendin van my gesels wat ''n sekretaresse by ''n dokter is. Sy het my nogal bang gepraat met insulien weerstandigheid. Sy het dit self ontwikkel weens oorgewig raak na skool.

Nou het ek besluit ek gaan nou maar die geld spaar en dokter toe gaan en myself laat toets vir dit en sommer my skildklier ook weer toets, aangesien daar in die afgelope 5jaar nou al 3 van my familielede is wat of oor of onder aktiewe skildkliere het.

Behalwe vir skildklier en insulien weerstandigheid, watter ander toets kan ek aanvra om aan te dui hoekom ek moeilik gewig verloor?

Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Dit is 'n goeie idee of jou bloedglukose- en -insulienvlakke en jou skildklierhormoonvlak te laat toets. By sommige vrouens speel vroulike hormone ook 'n rol aangesien hulle aan polisistiese ovariumsindroom (PSOS) ly wat ook dikwels met insulienweerstandigheid gepaard gaan. Bespreek dit met jou dokter voordat jy na die laboratorium gaan vir jou toetse. As hulle nou een keer jou bloed trek, kan hulle mos meer as een toets daarop uitvoer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/03/19

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Dit is 'n goeie idee of jou bloedglukose- en -insulienvlakke en jou skildklierhormoonvlak te laat toets. By sommige vrouens speel vroulike hormone ook 'n rol aangesien hulle aan polisistiese ovariumsindroom (PSOS) ly wat ook dikwels met insulienweerstandigheid gepaard gaan. Bespreek dit met jou dokter voordat jy na die laboratorium gaan vir jou toetse. As hulle nou een keer jou bloed trek, kan hulle mos meer as een toets daarop uitvoer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement