advertisement
Question
Posted by: Dora. | 2009/02/18

Bloedtelling

Hallo Dokter,

Verduidelik asb. aan my hoe werk die bloedtoetse wat geneem word by ' n kanker pasië nt. Soms is die telling te laag en dan weer te hoog, vir chemoterapie. Watter telling moet laag wees en wat hoog? Wat is normaal?

Baie dankie.

Dora.











Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dora
Ek dink jy praat van die volbloedtelling - hulle wil nie vir jou chemo gee as jou witbloedselle te laag is nie, want dan is jou immuniteit in die grond in. Hulle kyk ook na jou nierfunksie en lewerfunksies, as die tellings daar te hoog is dui dit op nier of lewer skade wat hulle dan nie wil vererger met chemo nie (die middels is tog maar toksies vir die liggaam).
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Johann | 2016/04/12

Hi Dok. My skoonpa het prostaat kanker. Hy urineer bloed wat op n stadium swart was. Hulle het nou gese dat hy n telling van 31.8 het. Wat se dit vir my? Hy is 84. Het verskriklik pyn.

Reply to Johann | 1 comment (hide)
Posted by: MaRI | 2016/06/14

Kan dok vir my se as ek telling 180 is k nog oky

Posted by: nikita | 2015/06/12

Hi doc My naam is nikita ek is in gr 8 in pearson my ouma het onglangs long kanker gekry en hulle se sy het nie meer witbloedselle nie wat kan gebeur Nikita asb doc help my net

Reply to nikita
Posted by: Anonymous | 2014/07/07

Hello dokter, My vrou het gegaan vir bloed toetse, sy het in 2009 kanker gehad. Wat is 'n abnormale telling? Ons het nie medies nie en het net vandag laat bloed toetse doen. Sy wil nie daaroor praat nie, het 'n baie sterk geloof, maar haar simptome dui weer alles op vier jaar gelede. Gerhard

Reply to Anonymous
Posted by: amanda | 2013/06/04

Hi Kan julle vir my verduidelik as die plaaitjie telling laag is so 100 en sy witbloedselle ook laag is wat om te verwag die PSA is 99.4 dit was 2 weke terug maar 66 gewees

Reply to amanda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement