advertisement
Question
Posted by: Bernie | 2009/02/02

Bloedtelling

Goeiedag Dr
Ek wil graag verneem, wat dit beteken as ' n dr vir jou uitslag gee van bloedtoetse en sy bevinding is dat, ek hoe cholesterol 7.9, hoe bloeddruk en hoe bloedtelling van 15. Ek is onkundig en wil nie weer vir hom vra om te verduidelik wat beteken ' n hoe bloedtelling nie. Ek wag nou vir medikasie vir die bloeddruk en cholesterol. Ek gebruik nou elke dag soggens 50mg Amiloretic wat blykbaar vir die bloeddruk is. Ek is ongelooflik geswel in my bene daagliks. As ek my vinger op my bene druk dan duik dit baie diep in. Al drink ek die waterpil bly die swelling nog baie? Ek was weer vir 2 dae amper plat in die bed met geweldige hoofpyne, wat eers gistermiddag opgehou het. Ek wil nie weer die dr pla nie, maar is elke keer nou bang as ek hierdie hoofpyne kry dat dit my bloeddruk kan wees. Ek het nog nooit hoe bloedduk gehad nie, maar dit is nou die afgelope jaar ' n probleem. Ek was eers Des by die dr. Dit is nie lewensgevaarlik hoog nie, maar so ongeveer wissel tussen 135/80 en was Desember 171/98. Ek is bekommerd oor die hoofpyne, en die swelling en wat beteken die bloedtelling asb. Ek is andersins gesond, 45 jaar en asmalyer, wat daagliks asma medikasie gebruik. Huidig onder beheer. Het ook Desember binneaars kortisoon ontvang vir asma. Dit gaan beter, ek het asma al van 23 jarige ouderdom. Jammer vir al die vrae, kan u my asb help. Dankie Bernie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bernie
Jy moet asb nooit bang wees om meer uit te vra nie - jy betaal mos die dokter vir die konsultasie, en dit gaan mos oor JOU lyf! Ek is nie seker wat die bloedtelling is nie - dit kan dalk jou hemoglobien telling wees wat effens hoog is. Dit kan gebeur as jou lyf dink jy kry nie genoeg suurstof nie, en dan maak hy ekstra rooi bloedselle om suurstof te dra. Kry vir jou 'n bloeddrukmetertjie wat jy self by die huis kan gebruik om jou bloeddruk te monitor. 171/98 is BAIE hoog. Normaal is 120/80 en enige iets bo 140 bo en 90 onder is te hoog. Die swelling kan water terughouding van die kortisoon wees maar kan ook 'n teken van niersiekte of hartsiekte wees. Het hy bloed getrek om jou niere te toets en 'n EKG of borskas x/straal geneem? Jy MOET asb jou dokter pla as jy erg hoofpyn het - jy moet liewer onnodig pla as dalk met 'n beroerte opeindig!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: HM | 2016/03/17

Ek wil graag weet waarvoor word Amiloretic tablette gebruik. Baie dankie.

Reply to HM
Posted by: HM | 2016/03/17

Ek wil graag weet waarvoor word Amiloretic tablette gebuik

Reply to HM
Posted by: Maureen | 2016/01/23

My sussie het so 3 maande terug een oggend net nie opstaan sy kon glad nie loop nie het baie seer gehad in lieste en haar bene sy was dr hulle het gese dit is n murgbeen infeksie het medisyne gegee maar dit was nie beter sy kon nog steeds glad nie beweeg nie en as beweeg was die baie seer. sy in desember by die dr kortisoon pille gekry wat so moes drink die het haar bene baie laat swell nou het hulle weer toets geode en die bloed tellings is baie hoog ? die dr se as dit nie beter gaan sy moet hospital toe gaan ? ons weet nie regtig wat aangaan nie . Moet ons bekommerd wees

Reply to Maureen
Posted by: louise | 2014/08/28

More my ma is 3jaar terug gediagnoseer met Lupus haar bloedtelling is laag deur dat die been murg nie genoeg bloed produseer nie is daar spesiale kos wat sy kan eet om haar bloedtelling op te tel. dankie Louise

Reply to louise
Posted by: liefie | 2009/05/06

tussen hoeveel en hoeveel is normaal vir jou ystertelling

Reply to liefie
Posted by: Johan | 2009/02/03

Bennie,
as mens ouer word, word die pille meer.
Bloeddruk is snaakse ding. Jy kan by die Dr hoe bloeddruk he en as jy lekker uitgerus is by die huis normaal.
Koop die bloeddruk meter by die apteek en meet dit as jy lekker rustig is. cholesterol is ander ding, drink jou pille en eet lae vet kos.
Sterkte ou maat ek het nog suiker ook. Ek sukkel maar voort!

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement