advertisement
Question
Posted by: marico | 2012/03/12

bloedsuiker vlak

My 32-jarige seun met kardio miopatie se bloedsuikervlakke is sedert die naweek baie wisselvallig. Hy het voorheen episodes van verhoogde bloedsuiker gehad. Met hospitalisasie ontvang hy soms insulien, maar tuis hou ons hom op die diabetiese dieet soos voorgeskryf. Suiker was goed ge -|- roleer tussen 5 tot 8. Die naweek het ek lesings geneem van 11+. Vanmiddag, 2 ure na ete was dit 18. Wanneer is verhoogde vlak rede tot kommer. Hy is altyd dors wat ek toeskryf aan die 240mg lassix per dag, maar tans drink hy tot 1 liter yswater op ''n slag, ek skat so 8 liter in 24 uur. Hy het ligte hoofpyn.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

Lesings bo 7 is rede tot kommer. Jou seun het diabetes en ek stel voor dat hy so gou as moontlik 'n endokrinoloog vir behandeling daarvan konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement