advertisement
Question
Posted by: Goose | 2008/10/23

Bloeding tydens opelyf

Vir die laaste 2 dae is daar bloed in my stoelgang. Ek weet nie of dit by die anus bloei as ek opelyf het en of dit iets inwendigs is nie.
Dit is nie seer of ongemaklik nie en ek voel 100%. Is dit iets waaroor ek bekomerd moet wees? Wat kan dit veroorsaak? Is dit dalk ' n bloeiende aambei? Ek het nog nooit voorheen met so iets gesukkel nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Goose
Enige bloed in stoelgang moet verder ondersoek word. As jy kan voel daar is 'n knoppie en daar is net bloed as jy afvee is dit waarskynlik 'n aambei en kan met aambeisalf behandel word. As die bloed egter met die stoelgang gemeng is, nie ophou binne 'n paar dae nie, of spat en drup in die bak moet jy liewer jou dokter sien. Dit kan 'n teken van dermonsteking, poliepe of selfs kanker wees.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement