advertisement
Question
Posted by: Rico | 2012-02-19

bloeding onder vel

My 60-jarige man kry gereeld rooi kolle, wat lyk soos bloeding onder die vel - veral op sy hande. Dit verskyn na ''n ligte besering, maar dikwels is dit net daar sonder dat hy bewus was van ''n stamp of ander besering. Tans is daar op beide hande van die " kolle"  waarvan die grootte wissel van R5-stuk tot die helfte van sy hand. Dit neem nogal lank om te verdwyn en daar is gewoonlik nuwes voordat die voriges genees het. Sy beroep is nie van so aard dat hy daar beserings kan opdoen. Sy hande arbeid is beperk tot huishoudelike werkies in en om die huis.

Bloedtoetse is ongeveer 3 jaar gelede gedoen en geen spesifieke rede is gevind. Huisdokter het aanbeveel dat hy nie asperin bevattende meds gebruik. Hy gebruik Simvastatin en is andersins gesond, matig oorgewig en rook. Sy bloedruk is laag, ongeveer 100/70 sonder enige simptome dat dit hom pla.

Wat kan dit wees en is dit nodig vir verdere ondersoeke?

Baie dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rico

Dit is nodig vir verdere ondersoeke. Bloeding onder die vel sal blou-pers verkleur en baie lank neem om te verdwyn. Dit is moontlik dat hy 'n vaskulitis het. Dit is inflammasie van die bloedvate in sy hande. Dit is moeilik om te spekuleer wat die oorsaak vir sy simptome is en daarom stel ek voor dat hy 'n dokter vir verdere toetse konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: NAOMI | 2013-12-09

HEY MY SKOONMA IS 58 JAAR OUD HT OP HAAR REGTER BEEN VAN DIE ENKEL AF OP SULKE ROOI KOLLE SY KLA DIT BRAND VERSKRIKLIK EN IS BJA SEER... HT HAAR BY N DOC GEHAD HY HT WEL VIR MY GESE DIS BLOEDING ONDER DIE VEL EN DAT ONS VERSIGTIG MOET WEES DAT SY DIT NIE STUKKEND STAMP OF KRAP NIE.. WANT IN SOMMIGE GEVALLE SE SY OOK DIT JEUK EK KANI DINK DAT HY VIR HAAR IETS DAVOOR VOORGESKRYF HT NIE!!! SY HT HAAR GEENSINS GESTAMP OF IETS NIE WAS BEDLEEND WANT VOLGENS DI DOC HT SY N VIRUS IN DIE LONG.. EN DAN HT EK NOG N VRAAG SY HET VAN OMTRENT VRYDAG AF POTBLOU TONE EN KLA DAT DAAR SOMS NIE GEVOEL IN DIE TONE IS NIE HT HAAR GESTRAAND IN GEVAT STAATS HOSPITAAL TOE HULLE SE HAAR SUURSTOF IN DI LIGGAAM IS TE MIN.. EERLIKE ANTWOORD DINK JY DIT KAN OMSIT IN CANGARIN? HELP MY GROOT ASB IS BJA BEKOMMERD OOR HAAR BAIE DANKIE. NAOMI

Reply to NAOMI

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement