advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2010/09/04

Bloeding in stoelgang by 5 jarige dogtertjie

Hi Doc,

Ek is bekommerd oor my dogtertjie, 5 jaar oud. Sy het ewe skielik vandag helder rooi bloed wat saam met haar ontlasting uit kom. Sy kla bietjie van maagpyn so elke nou en dan, maar dis die eerste keer ooit wat ek bloed uit haar stoelgang sien kom.

Sy het niks vandag vreemds geeet nie (beet of iets wat dit kon verkleur) en sy tree nie siek op nie. Die bloeding is net vir my kommerwekkend.

Het ek rede tot kommer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Dit is moontlik dat sy 'n klein mukosale skeurtjie het (vel van die derm), as gevolg van hardlywigheid en dit is die oorsaak van die bloeding. Ek stel egter voor dat jy haar stoelgang monitor en indien sy hardlywig is, moet jy dit met Laxette stroop behandel. Besigtig die area om vas te stel of daar enige teken van trauma is.

Soms kan 'n wurm infeksie irritasie om die anus veroorsaak wat kan bloei. Dit is belangrik dat oud en jonk ses mandeliks ontwurm word.


Indien dit nie enige van die bogenoemde oorsaake is nie, stel ek voor dat jy 'n paediater konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement