advertisement
Question
Posted by: Joie | 2008-11-26

Bloeddruk

Ek het nog nooit voorheen enige probleem met my bloeddruk gehad nie, maar 2 maande terug het ek my bloeddruk laat neem toe is dit baie hoog ( kan nie presies onthou wat die tellings was nie) en gisteraand het ek dit weer laat neem toe is dit 125 oor 90. 2 naweke terug toe is my linkeroogbal opgeswel, ek weet nie of dit iets met dit te doen het nie, maar ek begin nou bekommerd raak, is daar rede? Ek is 35 jaar oud weeg 80kg en rook.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Joie
Die beste manier om uit te vind of daar 'n probleem is, is om jou bloeddruk elke dag by die apteek te neem vir 7 dae. Jy moet sit en 5 minute rus voor hulle dit neem. Skryf al die lesings neer. Tel al die boonstes bymekaar en deel deur 7, tel al die onderstes bymekaar en deel deur 7. Gemiddeld bo moet onder 140 wees, en gemiddeld onder, onder 90. As dit hoër is, moet jou dokter kyk of daar ander risiko faktore soos hoë bloedsuiker en cholesterol is en of jy medikasie nodig het. Om op te hou rook en gewig te verloor sal jou bloeddruk outomaties laat afkom. Mens se bloeddruk is nie dieselfde heeldag nie - dit gaan op as jy ontsteld, gespanne of gejaagd is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement