advertisement
Question
Posted by: Meisie | 2008/10/03

Bloeddruk

Dr Bets, Nou wil ek net uitvinnd met my lae bloeddruk, wat veroorsaak dit??. Ek gebruik nie alkhol nie, eet gesond, hou glad nie van gaskoeldranke nie, in teendeel drink ek net vrugte sap...Is aktief, ens.. Soos ek gese het daar gaan maande verby dat ek NIE n las van dit het nie, en dan net so iewe skielik is dit daar uit die bloute..

En se nou ek moet vir n operasie gaan of so iets, moet ek hulle ook inlig dat ek lae bloeddruk het.. Behalwe die EFFORTIL, is daar miskien kosse of enige iets wat ek moet vermy of kan ek voort gaan met my lewens styl soos nou..

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Meisie

Dankie vir jou terugvoering.

Lae bloeddruk is 'n voordeel, behalwe dat dit by tye ongemaklik kan wees. Jy moet ten alle tye jou dokter bewus maak van alle aspekte van jou mediese geskiedenis.

Wat kossoorte aan betref, beveel ek 'n gesonde dieet aan met sout inname.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ruby | 2008/10/03

Hello,
Ek dink lae bloeddruk is maar iets geneties. Blykbaar se hulle dat lae bloeddruk mens langer laat lewe (teenoorgestelde van hoe bloeddruk). Die simptome is egter soms sleg, maar niks gevaarlik nie. As jy hoe bloeddruk het, dan moet jy probeer om sout uit te sny (want dit maak jou bloeddruk hoer). As JY egter sout eet (nie oormatig nie, maar in jou kos) sal dit jou waarskynlik help. (Ek dink dis omdat sout jou meerr water laat hou en die meer water in jou bloed maak dan jou are voller ie jou bloeddruk hoer)...Eks nie ' n dokter nie, so wag maar vir n dokter se post oor die onderwerp (dis maar net wat ek weet omdat my ma lae bloeddruk het).

Reply to Ruby

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement