advertisement
Question
Posted by: Nelia | 2011/11/03

Bloed toetse

My seuntjie (Gebore 10.12.2001) het oor ''n tydperk van 7 maande 13kg opgetel. Ek het bekommerd geraak en hom gevat vir boedtoetse. Die volgende is as probleem areas geidentifiseer:
Eosinofiele (Absoluut) - 12.10%
S-Alkaliese Fosfatase - 219.00 U/I @37c
S-Laktaat Dehidrogenase - 236.00 U/I @ 37c
S-Totale Cholesterol - 4.70 mmol/l
Glukose insulien verhouding - 0.33
Homo of Quckie Indeks - 5.05 Ratio
Eritrosiet besinkingsnelheid - 2 mm/h (Eosinofilie is teenwoordig, wat dui op ''n allergiese reaksie of parasitiese infestasie)

Kan u my asb vertel wat dit alles beteken. Ons huisdokter het aanbeveel dat hy ''n dieetkundige moet sien, en na 6 weke weer gaan vir bloedtoetse.

Baie dankie

Nelia van Schalkwyk

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nelia
Die waarde vir eosinofiele is gering verhoog, wat kan dui op 'n onlangse baie matige allergiese reaksie en hierdie waardes kan herhaal word na 'n paar maande, net om te verseker dat dit weer normaal is. Die ander belangrike waardes is basies normaal. Die dokter het aanbeveel dat julle 'n dieetkundige moet sien omdat jou seun so veel gewig opgetel het in 'n kort tydperk. Dit is altyd belangrik dat oorgewig kinders deur 'n dieetkundige gehelp word om gewig te verloor, aangesien hulle steeds genoeg voedingstowwe moet inneem om gesond te kan groei, maar tog ook gewig moet verloor. Hiervoor is die leiding van 'n dieetkundige nodig. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Deskundige is dit eens dat fisiese oefening een van die belangrikste faktore is om jong kinders te help om gewig te verloor. Dit is belangrik dat jou seun elke dag vir ten minste 1 uur aan een of ander fisiese aktiwiteit deel neem (bv. sport, swem, fietsry, touspring, stap, of deelname aan 'n gimnasium of 'Walk for Life'). Moedig hom aan om so aktief as moontlik te wees want dit gaan baie help met die gewig.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/03

Beste Nelia
Die waarde vir eosinofiele is gering verhoog, wat kan dui op 'n onlangse baie matige allergiese reaksie en hierdie waardes kan herhaal word na 'n paar maande, net om te verseker dat dit weer normaal is. Die ander belangrike waardes is basies normaal. Die dokter het aanbeveel dat julle 'n dieetkundige moet sien omdat jou seun so veel gewig opgetel het in 'n kort tydperk. Dit is altyd belangrik dat oorgewig kinders deur 'n dieetkundige gehelp word om gewig te verloor, aangesien hulle steeds genoeg voedingstowwe moet inneem om gesond te kan groei, maar tog ook gewig moet verloor. Hiervoor is die leiding van 'n dieetkundige nodig. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Deskundige is dit eens dat fisiese oefening een van die belangrikste faktore is om jong kinders te help om gewig te verloor. Dit is belangrik dat jou seun elke dag vir ten minste 1 uur aan een of ander fisiese aktiwiteit deel neem (bv. sport, swem, fietsry, touspring, stap, of deelname aan 'n gimnasium of 'Walk for Life'). Moedig hom aan om so aktief as moontlik te wees want dit gaan baie help met die gewig.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.