advertisement
Question
Posted by: Barnard | 2011/03/25

Bloed toetse

Dokter,

Ek het bloed toetse laat neem nadat ek byna al 2 jaar lank baie moeg en tam is. Ekt net mooi lus vir niks nie, om op te staan in die oggend is vir my soos ''n berg wat voorle, wat nog te sê  van die dag se take.

Ekt my bloed uitslae gekry en gaan net die wat uitstaan vir jou deurgee:

Hematiniese faktore - Ferritien *H = 212
Inflammatoriese Merkers - C-reaktiewe proteien - H = 6
Lewerfunksies - ALT - H - 35
Glukose Metabolisme - Insulien vastend - H = 10.00
Glukose Metabolisme - Homa-indeks - H = 2.13

Outo-Imuunantiliggame:
Antikern-antiliggame = Negatief
EKA-siftingstoets = 0.2
Interpretasie = Negatief

Endokrinologie - Progesteroon = 3.4 (met ''n klomp verwysingswaarde)

Volbloedtelling - GKH - H = 32.5

Endokrinologie - Kortisol Lukraak = 171

Ek het my GP gaan sien met die resultate en hy het voorgestel dat ek op ''n verskeidenheid Solal produkte gaan, maar eerlik waar het ek nie die geld om dit maandeliks te doen nie.

Wat beteken al hierdie uitslae?
Ek waardeer dit baie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Barnard

Ongelukkig is die verwysingswaardes glad nie buitensporig hoog nie en dit dui nie op enige spesifieke siekte of sindroom nie. Wat nie wel opgetel kan word nie is adrenale bynier uitputting. Dit word nog nie erken as 'n siekte nie, maar daar is wel bewyse dat dit kroniese moegheid tot gevolg kan he. Daar is ongelukkig nie bloedtoetse wat dit kan bevestig nie. Die behandeling hiervan is 'n reeks aanvullings van Solal of Solgar.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Adele | 2015/12/08

Dokter ek het my toetse terug gekry dit se Antikern-antiliggame - Positief Titer - 1:80 < 1:80 Patroon - Homogeen N Positiewe kern antiliggaam tite word geassosieer met n bindweegsel siekte Wat beteken dit?

Reply to Adele

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement