advertisement
Question
Posted by: TK | 2008/07/15

Bloed na niersteen

Hallo dokter

My man het net so oor die twee weke terug, n niersteen gehad wat toe later self uitgekom het in die hospitaal. Daar was geen bloed in sy uriene nie, meer nou, twee weke later, het hy redelik baie bloed in sy uriene. Is dit normaal? Sy niere het ook baie gepyn vir so n rukkie vanaf so twee dae na sy niersteen-storie, en sy testes ook. Ons gebruik n kondoom as voorbehoed, en daar was selfs nou die dag bloed binne in die kondoom, moet ons bekommerd wees, of is dit net die bloed wat deur die niersteen veroorsaak is, wat nou uitkom? Hy is nou 30 jaar oud, en dis sy eerste niersteen, maar die dokter se daar is nog twee in sy niere, volgens die scan.

Dankie vir die hulp!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo TK
Die niersteen beskadig soms die nierpypie en kan sekondere infeksie tot gevolg he al is die steen uit. Laat die dokter sy urine toets want hy het dalk antibiotika nodig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement