advertisement
Question
Posted by: Anna | 2009/08/24

Bloed in stoelgang

Ek is oor die algemeen baie gesond (besoek my GP net elke 6 maande vir n chroniese voorskrif) Ek gebruik Eltroxin want ek het nie meer n skildklier nie en Crestor asook adco-retic, procydin en vascafem. My dokter het onlangs die eltroxin dosis van 0.20 na 0.25 verhoog en hy het die cholestrol pil van simvistatine na crestor verander. My probleem is dat ek 2 keer in die afgelope 10 dae bloed in my stoelgang gesien het. Dit was nie net effens nie, eintlik skrikwekkend baie. Dit gebeur net met 1 stoelgang, die daaropvolgendes het geen teken van bloeding. Kan dit wees agv die medikasie, miskien die Crestor? Voordat ek jare terug Procydin begin drink het het ek ' n geskiedenis van ' n spastiese kolon gehad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anna
Nee, dis nie agv die medikasie nie - vertel jou dokter daarvan want dit is belangrik dat daar gekyk word daarna. Dit kan net 'n poliep of infeksie of divertikulose wees , maar dit kan ook 'n tumor wees wat bloei. Dalk is dit nodig dat hulle 'n ondersoek onder narkose ( kolonoskopie) doen.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement