advertisement
Question
Posted by: Tanya | 2008/08/05

Bloed in stoelgang.......

Hallo Dokter. Ek wil graag weet of ek moet bang wees of nie vir die volgende simptome. Verlede week was ek hardlywig vir 3 agtereenvolgende kere. Sondagaand het my maag normaal gegaan, maar met helder rooi bloed. Ek vermoed dit is ' n aambei of twee wat dalk gebloei het. Sondag nag het ek lae rugpyn begin kry, ek het gevoel of ek wil sterf van die honger (al het ek die aand geeet). Maandag het my maag weer normaal gegaan, weer met bloed. Van vannag af het ek begin naar voel, steeds naar. My laerug is seer, ek bring verskriklik winde (met vloeistof) op. Ek voel ook pap en sukkel om wakker te word die afgelope twee oggende. Ek gaan slaap 08:00 omdat ek moeg voel, slaap redelik goed. Moet ek die dokter gaaan sien> ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Ja ek dink jy moet die dokter gaan sien - lae rugpyn en honger gevoel kan simptome wees van 'n maagseer. Die dokter moet ook kyk na die bloeding in die stoelgang - dis defnitief nie normaal nie. Net 'n blerts op die toiletpapier kan aambeie wees, maar as dit eetlepels vol is kom dit gewoonlik van die derm af.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement