advertisement
Question
Posted by: Bloed groep A | 2009/06/05

Bloed groep en dieet..?

Het al baie gehoor dat daar moets en moenies is wat kos aan betref volgens jou bloed groep..is dit waar.?
Ek is A+ watter soort kos is goed vir my en watter nie..
Watter soort kos sal my gewig laat verloor..?
Dankie..
A+

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Bloed Groep A
Ek is self nie oortuig dat hierdie diëte op ordentlike wetenskaplike navorsing gegrond is nie. Dat elke persoon op hierdie aarde wat aan bloedgroep A behoort voedsels X en Y nie mag eet nie, en dat hulle gewig sal verloor as hulle dit uitsny is myns insiens besonder onwaarskynlik. Ek kan net voorstel dat jy by 'n goeie boekwinkel gaan vra vir die boek deur D'Adamo. Andersins kan jy 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' and 'Slimming Diet') wat gepubliseer is op hierdie Webwerf. Kombineer die dieet met aërobiese oefening ( flink stap, fietsry, swem, touspring of by 'n gimnasium aansluit) wat jy elke dag vir 30 minute of langer doen en jy sal wel gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Etienne | 2013/05/14

Ek het die laaste 10jr ekseem/siekte wat my hande rou en baie seer maak.Ek het gesukkel om my hemp se knope vas te maak en om my skoene aan te trek. Alles was vol bloed en dit het my werk en myself sielkundig geraak.Ek was by homopate,vel spesialiste en verskeie dokters.R100K spandeer en al die kwake het my net op kortesoon gesit,met al die newe effekte. Toevallig is by hardeware gaan koop toe n dame my hande sien en vra wat is fout.Ons het lekker gepraat en sy het my na Christo verwys.Ek het gedink nog n kwak.Na die afspraak het my opienie drasties verander.Hy het my bloed net daar geterk en onder n mikroskoop bekyk.Daar het hy my alles gewys wat fout is binne n uur.My lewer was onder druk,my suur was 50 maal die normaal,parasiete en bakteriee was volop en my bloed was nie gesond nie.Hy het alles mooi verduidelik wat ek kan verstaan en wat vir my sin maak.Ek het n klomp natuurlike pille gekry en n afspraak 7 dae later gehad.Sover kos die proses my so R2350.Ek het gedoen wat hy se en my pille gedrink.In die vierde dag was my hande perfek.My bloed reg en suur 10 maal.Dank die vader.Eet volgens jou bloedgroep dit sal help glo my.

Reply to Etienne | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016/06/27

Hallo Ettienne Ek is raadop! Aan watter bloedgroep behoort jy en wie is Christo? Hoe kan ek met hom kontak maak?

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement