advertisement
Question
Posted by: Yolanda | 2008-11-04

bloating

Jammer vir afrikaans, ek is 37 jaar oud, my galblaas is al verwyder so 4jaar gelede,het in Feb' 08 ' n groot deel van my colon verwyder. As ek enige iets eet blaas ek op. My ontbytpap in die oggend tot " calcium effervescents"  vit. Ek vermy alles in my vermoee soos brood en kosse wat gasse veroorsaak. Maar niks werk nie, as ek se alles wat ek eet blaas my op dan is dit letterlik alles wat ek eet. Ek is raadop ek soek net iemand wat my kan help. Dit lyk of ek 6 maande swanger is na net ' n houertjie yoghurt Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Yolanda
Hierdie Webwerf maak voorsiening vir Engels en Afrikaans! Ek is so jammer om te verneem dat 'n groot deel van jou kolon verwyder moes word. Dit is waarskynlik hoekom amper aller kosse vir jou laat opblaas. As jy nog nie 'n kliniese dieetkundige gesien het nie, wil ek sterk aanbeveel dat jy wel een spreek en so gou as moontlik. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes. Kyk ook op hierdie Webwerf by "Diet' bo aan hierdie bladsy en dan by 'You are what you eat' en lees die artikels oor "Healthy colon" veral die gebruik van 'goeie mikroörganismes (probiotika)' soos LP299V wat mens by die apteek kan koop, wat hopelik sal help vir jou probleem.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement