advertisement
Question
Posted by: Roz | 2009/09/23

Blindederm operasie

My dogter het so 2 weke gelede haar blindederm laat verwyder. Ons albei het na haar operasie ' n maagvirus opgetel, met mae wat bly loop en naarheid met winde. My dogter het egter vandag begin kla dat sy ekstra naar is en het ook toe vanaand begin opgooi. Haar maag is nog bietjie geswel maar wat my half bekommerd maak is dat sy reg langs die sny aan die bokand ' n klipharde langerige knop onder die vel reg langs die sny begin ontwikkel het. Die knop is redelik lank (4cm) en loop al langs die sny in die binnekant af. Die knop is ook so hard dit voel of iets kliphard binne in haar toegewerk is. Is dit spiere of iets wat so maak en nog maar moet herstel? Sy kla ook dat dit baie seer is op daardie gedeelte langs die sny. Ek het vir haar vanaand medikasie vir die naarheid ingegee, maar weet werklik nie of so ' n klipharde knop onder die vel normaal is na so ' n operasie nie. Sy is nou 17 jaar oud.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Roz
Nee dis nie normaal nie - dit kan 'n abses wees wat besig is om te ontwikkel so laat die dokter liewer daarna kyk asb
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement