advertisement
Question
Posted by: Emma | 2009-02-11

Blindederm operasie

Hi Dokter

My Blindederm is twee weke terug in ' n nood operasie verwyder.

Daar is iets wat my pla maar ek is nie seker of dit deel van die " gesond word proses is en of ek dalk my gp daarna moet laat kyk nie.

Waar die snit gemaak is daar hierdie harde " bulte"  wat redelik seer is, jy kan dit deur die vel sien en dit is ongemaklik as ek daar aan raak. Ek kry ook nou ' n pyn in my regterbeen af - so ' n halwe lam gevoel?

Is dit nog te gou na die operasie om te verwag dat ek weer ' n 100% sal wees en is ek te ongeduldig met die gesond word proses?

Ek weet nie of die bulte dalk net spiere is wat nog in spasma is en besig om gesond te word nie.

Die bulte is omtrent die groote van ' n 20 sent en klip hard.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Emma
Die onderhuidse steke kan op die punte 'n effense knoppie maak maar 20c grootte klink bietjie groot. As dit boonop rooierig is moet jou dokter liewer kyk - ek is net bang dit is dalk absessies. Die lam gevoel kan dalk nog normaal wees vir 2 weke na die tyd.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement