advertisement
Question
Posted by: Liane | 2010-01-25

BLINDE PUISIES

Ek is besig om van my kop af te raak!! Ek kry die heeltyd dieselfde blinde puisies of bo my linkeroog of reg tussen my oë !! Ek het laas jaar 30 jaar geword en ek gebruik nou al vir ' n jaar lank nie meer die pil nie want ek wil my liggaam ' n break gee van die hormone. Ek is baie konsensieus wat betref my oggend en aand skoonmaak roetine (cleanse, tone, moisturise). ek gebruik een keer ' n week ' n kleimasker en ek exfoliate 2 keer ' n week. ek gebruik amper nooit grimering nie.

Ek sit nou al vir langer as 2 weke met ' n huge (en ek bedoel HUGE!!) ding bo my linkeroog. Ek sit ys op om die swelling af te kry - nie eens dit werk nie!! Dis verskriklik onaansienlik en ek weet nie meer wat om te doen nie. Die goed gaan gewoonlik weg na ' n week of so maar daar bly dan vir nog 4 tot 6 weke ' n harde balletjie onder my vel. Ek eet ook nie te ongesond nie en oefen amper elke dag. Ek vermy vetterige kos en eet so 3 keer ' n week soetigheid. Ek het nie die geld om na ' n dermatoloog toe te gaan nie so ek hoop u kan vir my raad gee.

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Liane
Probeer Benzoylperoksied room (OXY 10) op die plek sodra jy sien daar kom iets uit. Dan kan jy ook oornag Bactroban salf aan die puisie smeer, of as alternatief, vra jou dokter om vir jou antibiotika lotion voor te skryf soos Eryderm wat jy kan opsit voorkomend en as daar 'n puisie is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016-07-14

hi ek ht v par jare sulke pers pilletjies gbryk skoon vrgt vn hul nam...dz bietji t duur my matric afskeit is oo n maand en my gesig lyk vreeslik wat kn k dun help asb

Reply to Anonymous
Posted by: knoppie | 2016-02-04

ek het puisie gekry toe vorm dit i knoppie hoe kry ek hom weg

Reply to knoppie
Posted by: Anonymous | 2015-11-24

Ek is in my vroee 40 en 4 dae terug kry ek toe 'n blinde puisie. Was vreeslik seer en dit vorm toe 'n rooi knop onder my vel so grt soos 'n 20c stuk. Nou is meeste van di rooi weg glad nie meer seer ni maar di knop sit nog daar. Is dit 'n puisie? En wat nou?

Reply to Anonymous
Posted by: NC | 2015-01-09

Hi daar, eks 30 en kry ook gereeld puisies.Ek gebruik zinplex face wash want ekt gehoor zinc is goed vir vel probleme maar ek slaan baie uit in my gesig.Ek sit nou juis met n blinde puisie en my lip is geswel.My dr het gese geen salf kan op vel infeksie opklaar as dit nie n oop wond is nie, ek wil nie aan die puisie karing nie.Enige raad asb.Dankie

Reply to NC
Posted by: anon | 2010-01-25

Probeer differen room! Dis absoluut fantasties, maar jy' t ' n voorskrif nodig vir dit. Vra jou GP!

Reply to anon
Posted by: L | 2010-01-25

vreeslik baie dankie!! ek gaan dit definitief probeer a.s.a.p!!!!!

Reply to L
Posted by: B | 2010-01-25

Liane, iets wat jy can probeer is ' n kortisoon room en dan ' n antibakteriele room soos bactroban. As die puisie baie rooi word sal ' n paar oog druppels dit baie beter laat vertoon. (Die oog druppels is net ' n kosmetieke help wat ' n grimeerkunsternaar my geleer het.)

Reply to B
Posted by: cyberdoc | 2010-01-25

Hallo Liane
Probeer Benzoylperoksied room (OXY 10) op die plek sodra jy sien daar kom iets uit. Dan kan jy ook oornag Bactroban salf aan die puisie smeer, of as alternatief, vra jou dokter om vir jou antibiotika lotion voor te skryf soos Eryderm wat jy kan opsit voorkomend en as daar 'n puisie is.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement