advertisement
Question
Posted by: Daleen | 2009/05/11

Bladder

Hi doc,

Ek en my man sukkel al n hele ruk met verkoue simtome, loopneus, hoes, slym, hoofpyn, lyfseer, moegheid. Ek en hy is al deur baie antibiotikas wat help vir n ruk en dan weer begin. Ons drink nou elke oggend 500mg vitamiene c en staminagro en borocca. Ons drink ook encinaforce.ek drink cilift 60g per dag ook. Ek het laasweek maandag erg siek geraak en begin pyn in my buik kry voor en in my lae rug. Ek drink oor die algemeen so liter water n dag. Die laaste 2 maande sukkel ek met pipi ek gaan kort kort soms tot 20 keer n dag en word wakker in die nag om toilet toe te gaan. Ek was by die dokter en hy het gese ekt moontlik blaas infeksie. Ekt vreeslik kouekoors gekry en erg duiselig gevoel, my bloeddruk was laag maar ok. Eks deur 2 antibiotikas en die pyn en duisseligheid is nogsteeds hier. Ek en my man is ook nogsteeds siek.
Ons is al moeg om siek te wees en probeer ook swanger raak al vir 2 jaar.
Enige raad? ons leer by die dokter lyk al soos n telefoon boek!
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Daleen
Die maagpyn wat jy beskryf kan dalk ontsteking van die maag slymvlies wees (gastritis). Kyk of dit help as jy Mucaine daarvoor neem?
Het jy uriene laat toets weer na die antibiotika klaar gebruik is om te kyk of dit opgeklaar het? Die duiseligheid kan van lae bloeddruk wees.
Chroniese neussimptome soos toe en loop neus kan ook onderliggende allergie wees, omdat jou neus dan nat is, kry jy baie makliker infeksies, en as dit 'n virus infeksie is sal antibiotika nie help nie. Laat jou dokter julle IGE vlakke toets om te kyk of julle allergies is en ook 'n volbloed telling om te kyk of julle wit bloedselletjies verhoog is (teken van aktiewe infeksie) Dit mag help om immuunglobulien inspuitings te kry want jy neem al die aanvullings wat jy moet.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: pp | 2009/05/12

' n Natuurlike raat en gaan help is om twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning in ' n halwe glas water wat lou is te drink, jy en jou man kan dit drink,so elke tweede dag, soos jy se julle drink baie water,wat natuurlik baie goed is.
Cranberry juice of die pille is baie goed vir al vir jou blaasinfeksie.
Eet rou uie, dit is ' n natuurlik antibiotika.Dit is al wat ek gebruik as die soort van siektes by my kop uit steek. Ek weet baie dokters lag jou af as jy van die goed praat, maar probeer dit, hou aan totdat die siekte oor is,sterkte en laat weet of dit help.

Reply to pp

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement