advertisement
Question
Posted by: Diek | 2010/03/08

Black out

Ek was reeds by verskeie dokters vir EEG en ook by ''n neuroloog wat gese het ek het nie epilepsie nie. Hy het die voorval net aan stres toe geskryf, maar ek is bekommerd ek pass uit vir ongeveer 20 na 30 minute sonder vooraf waarskuwing. Daarna voel ek geweldig moeg en het ''n pyn in die middel van my bors. Dit het al gebeur terwyl ek bestuur en sal graag wil weet of daar ''n dokter is wat my kan help. Ek woon in Phalaborwa Limpopo Provinsie en is hier nie spesialiste nie. Die spesialiste in Polokwane (naaste stad) kan my ook nie diagnoseer nie. Asseblief!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Diek
Ek kan dink dat dit jou erg bekommer! Het iemand soos 'n familielid of vriend al gesien wat gebeur as jy bewussyn verloor? Ruk jy of skuim jy om die mond? Floutes hou gewoonlik nie so lank aan nie, maar iets anders waaraan mens moet dink is 'n hart ritme onreelmatigheid. Het jy 'n EKG (hart ondersoek) gehad? Ek sou dink jy moet 'n internis sien om ander oorsake van bewussyn verlies te ondersoek - 'n hartsonar om te soek vir aorta stenose of klep defekte is dalk ook iets waarna gekyk moet word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/03/08

Hallo Diek
Ek kan dink dat dit jou erg bekommer! Het iemand soos 'n familielid of vriend al gesien wat gebeur as jy bewussyn verloor? Ruk jy of skuim jy om die mond? Floutes hou gewoonlik nie so lank aan nie, maar iets anders waaraan mens moet dink is 'n hart ritme onreelmatigheid. Het jy 'n EKG (hart ondersoek) gehad? Ek sou dink jy moet 'n internis sien om ander oorsake van bewussyn verlies te ondersoek - 'n hartsonar om te soek vir aorta stenose of klep defekte is dalk ook iets waarna gekyk moet word.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement