advertisement
Question
Posted by: Grietije | 2010/03/01

Blaasoppie

Hi Dok. Ek is 43 jaar oud, 1.68 m lank en weeg ewe skielik 74.5 kg. Ek is baie aktief ... oefen elke dag ten minste 30 - 45 min. Die afgelope tyd bly ek net gewig optel. Ek is al so moedeloos. Ek voel soos ''n blaasoppie. My bra''s en panties knel, my ringe pas nie ... maar my nr 12 klere pas steeds. Ek verstaan dit nie! Ek het 3 jaar gelede ''n histerektomie gehad. Kan dit iets met my siklus te doen hê . Ek drink elke oggend ''n Herbalife shake met sap net as aanvulling ... nie as ''n dieet nie. Volgens my internis doen dit ook wondere vir my hoë  cholesterol saam met ander medikasie. Ek is besig om my selfbeeld totaal te verloor. Ek voel sommer net oud en vet en lelik. Wat kan ek doen om van so 6 kg ontslae te raak op ''n gesonde wyse sodat ek weer goed kan voel oor myself?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Grietjie
Ek vind dit vreemd dat jou gewig toeneem en jy besig is om op te blaas, maar jy sê jou Nr 12 klere pas nog steeds??? Is dit nie dalk waterretensie wat besig is om jou liggaam te laat opswel terwyl jou liggaam se vetinhoud dieselfde bly? Ek sal aanraai dat jy weer jou internis spreek net om seker te maak dat daar nie iewers 'n probleem skuil nie (bv. nierprobleme of sg. elektrolietwanbalanse of depressie?). Kom ons kyk eers wat die dr vind, voordat jy allerhande dinge probeer om gewig te verloor. Gaan sien asb die internis en dan kan ons verder langs kyk wat jy miskien aan jou dieet kan doen.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Grietjie | 2010/03/02

Dankie Dokter, maar hoe kan depressie enige effek op gewigstoename het? Ek het voorheen gelees depressie word ook verbind met vettoename om die middel ... en dit kan ek ook duidelik by myself agterkom. Ek erken dat ek beslis ''n baie stresvolle lewe ly, miskien is ek selfs depressief, maar ek wil nie graag medikasie daarvoor gebruik nie. Is daar ''n ander uitweg?

Reply to Grietjie
Posted by: DietDoc | 2010/03/01

Beste Grietjie
Ek vind dit vreemd dat jou gewig toeneem en jy besig is om op te blaas, maar jy sê jou Nr 12 klere pas nog steeds??? Is dit nie dalk waterretensie wat besig is om jou liggaam te laat opswel terwyl jou liggaam se vetinhoud dieselfde bly? Ek sal aanraai dat jy weer jou internis spreek net om seker te maak dat daar nie iewers 'n probleem skuil nie (bv. nierprobleme of sg. elektrolietwanbalanse of depressie?). Kom ons kyk eers wat die dr vind, voordat jy allerhande dinge probeer om gewig te verloor. Gaan sien asb die internis en dan kan ons verder langs kyk wat jy miskien aan jou dieet kan doen.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement