advertisement
Question
Posted by: Annie | 2011/05/31

blaas probleme

Middag doc

Ek is 35. Het my laaste kind op 33 gekry. Is dit moontlik dat n vrou se blaas kan sak na n swangerskap?

Ek het probleme met my blaas en kan glad nie inhou nie. Ongelukke het gelukkig nog nie gebeur nie. Maar ek wil nie probleem los tot dit heeltemal buite beheer is nie.

Wat doen mens in so n geval. Gaan sien jy n gp of direk na n spesialis toe?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annie

Ek stel voor dat jy 'n uroloog of ginekoloog konsulteer. Geboorte veroorsaak gewoonlik "swakheid" van die spiere van die pelvisvloer. Daar is veelvuldige behandelingsmetodes en ek is seker die spesialis sal die beste advies kan gee.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Ina | 2014/10/13

Ek het n maand terug n blaas operasie gehad wil weet of ek seks kan he .enige raad asb.

Reply to Ina
Posted by: Marinda | 2014/09/29

Goeie more, Ek is baie bekommerd, ek is 47jaar, het 3 swangerskappe gehad. My probleem is as ek nies of lag partymaal, urineer ek n bietjie. Die grootste probleem is egter, en dit pla my die meeste, ek weet ook nie vir wie om te gaan sien...ek is skaam daaroor en dus wil ek nie meer seks he. As ek seks het urineer ek, party sal se ek "squirt" maar regtig...as dit "squirt" is wil ek nie!! Ek is skaam daaroor en dus wil ek nie meer seks he. Is daar fout, kan dit drukking op my blaas wees?? Asseblief ek is raadop? Baie dankie

Reply to Marinda
Posted by: Annie | 2011/06/01

Hi Liane

Baie dankie vir jou terugvoer. Ek sal beslis gaan kyk.

Thanks

Reply to Annie
Posted by: Liané  van Zyl | 2011/06/01

hi annie,

ek is 31 en was nog nie eens swanger nie, maar ek het uiteindelik maar gegaan vir die TVT prosedure want ek kon nie meer my lekkende blaas hanteer nie. dis ''n baie vinnige operasie maar jy is nogal seer na die tyd en kan vir 4 tot 6 weke nie swaar goed optel of " high impact"  goed doen nie. maar ek kan jou met sekerheid sê  dit was die beste besluit wat ek ooit geneem het. dit is fantasties om te kan oefen en hardloop en NIES sonder om ''n doekie te moet gebruik.

die probleem is net dat hulle getroude vrouens adviseer om eers een te kry as hulle nie weer gaan swanger word nie want die kanse dat jou blaas weer gaan uitsak is baie groot. tensy jy bereid is om dit weer te doen.

gaan google die prosedure - dis baie interessant!!

Reply to Lian&#233  van Zyl

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement