advertisement
Question
Posted by: Karen | 2009/07/15

Blaas infeksie?

Hallo Dokter.

Ek het vir die afgelope week ' n urien/blaas infeksie. My urine brand en die hele area is al opgeswel/jeuk met ' n afskeiding. Ek dokter myself met Citric Soda, maar dit voel nog nie beter nie. Moet ek iets anders drink en wat sal gebeur as ek dit net so los? Sal dit vanself reg kom as ek baie water en die soda-goed drink?

Dan nog ' n vragie: ek het in die afgelope 4 jaar baie hare verloor en toe begin Vigro plus drink. Nou is ek ernstig hardlywig daarvan! Ek kon nog nie vasstel dat hardlywigheid ' n newe-effek op die pamflet is nie, maar vandat ek dit 2 dae terug gelos het, is ek nie meer hardlywig nie. Ek drink nou Prosana. Sal dit help?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Karen
Ek dink jy moet liewer jou dokter sien vir 'n urine ondersoek en vaginale ondersoek - jy mag dalk 'n voorskrif vir 'n anti gis en antibiotika nodig hê. Prosana behoort te help maar jy moet ook net kyk of daar nie 'n onderliggende rede vir die haarverlies is nie - lae ystervlakke of lae tiroiedhormoonvlakke.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement