advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/08/24

Blaas en vaginale infeksie

Goeie mô re Dokter

Ek het Maandag oggend 4h opgestaan met erge pyn in my lieste asook brandende urine. Ek was dokter toe. Ek het die simptome aan die dokter verduidelik asook dat ek ''n brandende sensasie binne in ook het. Hy het ''n urnine toets gedoen, waar hy bloed gekry het en ek is behandel vir blaas asook vaginale infeksie as volg:
Aspen Fluconazole 150mg 1 pil onmiddellik
Tranacet 2 pille 3 keer ''n dag
Uripas 200mg 1 3 keer ''n dag
Ciprobay XR 500 1 elke oggend vir 3 dae
Medaspor salf

Ek was die vorige week op antibiotika vir sinusitus waarby ek elke dag, 3keer ''n dag, probiflora gedrink het. Ek drink dit steeds.

Ek het Maandag die Aspen, antibiotika, pyn pil en uripas gedrink en die salf gebruik. Die salf het erg gebrand in die begin. Die Uripas en pyn pille het ek soos voorgeskryf gedrink maar nie weer die room gebruik nie.

Dinsdag, pille soos voorgeskryf gedrink. Geen salf was nodig.

Woensdag: Het die laaste antibiotika gedrink, asook die ander. Het wakker geword met ''n vreeslike gebrand binne in. Het onmiddellik Medaspor ingespuit, brand steeds. Die salf wat uit kom bly wit. My blaas voel ook weer funny. Bly voel ek moet gaan urineer.

Ek drink ook saam met die pille en probiflora, Cranberry pille. My vraag is, wat kan ek nog doen aangesien ek steeds brand binne in en my blaas nogsteeds voel asof ek moet gaan urineer? Kan ek dalk die Uripas vermeerder na 4 pille per dag, pleks van 3? En is daar enige raad vir die brand binne in? Dit voel vir my asof die brand binne in die gevoel vir piepie aan wakker.

Asseblief dokter. Vir die afgelope 8 weke bly ek siek. Eers verkoue, toe maaggriep, sinusitus, toe griep en nou blaas infeksie. Ek het my vitamiene inname vermeerder, drink nou Oxiprovin, plus DS 24 asook Viral Guard. Elke dag drink ek probiflora en Omega 3 en 6. Wat meer moet ek doen? Ek eet gesond, baie groente en vrugte. Drink tenminste 2 glase water en bietjie koffie en self tee. Ek is regtig nou raadop!

Groetetjies,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Ek stel voor dat jy 'n uroloog vir 'n ondersoek en spesiale toetse konsulteer. Dit is moontlik dat jy 'n ooraktiewe blaas het of 'n interstituele sistitis (inflammasie van die blaaswand) het. Jou simptome is baie uiteenlopend en dit is daarom belangrik dat dit deur 'n spesialis ondersoek word. Daar is 'n moontlikheid dat jou blaas verantwoordelik is vir die brandgevoel in jou vrouedele.

Die medikasie wat jy tans neem is voldoende om 'n swaminfeksie van die vagina en 'n bakteriele infeksie van die blaas te behandel, asook om pyn en spasma te verlig. Ek kan daarom nie nog medikasie voorstel nie en ag 'n besoek by 'n uroloog belangrik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gerda | 2014/10/07

Ek het n virus in my niere gehad, en het antibiotika gebruik, maar het ook nou n geweldige brand, voel of my vagina se bek uit druk dit is n eienaardige ge voel, is ook bloedrooi, branderig, en jeukerig, sou dit maar net die antibiotika wees? As ek asyn sou gebruik, moet dit skoon asyn wees, gaan dit my nie nog meer ver brand nie.???

Reply to Gerda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement