advertisement
Question
Posted by: Maya | 2011/06/09

Blaas en niere?

Hi dr. Ek het ''n hele ruk met lae rugpyn gesukkel en dit was ook nodig dat ek baie gereeld moes urineer. Ek kon letterlik niks na 7 in die aand drink nie anders moes ek omtrent twee keer deur die nag opstaan. Dit het ook gereeld gevoel of my blaas nooit heeltemal leeg raak nei. Ek is nou al 3 dae op ''n vrugte en groente dieet (rou) en ek ondervind dat ek geweldig baie minder hoef badkamer toe te gaan. Dis asof my blaas net nie so vol raak soos wat hy gedoen het nie en ek drink eintlik baie meer vloeistof as gewoonlik. Ek drink regtig baie water en vind dit vreemd dat ek nie meer so gereeld hoef te gaan nie. Is ek nie veronderstel om nou meer badkamer toe te moet gaan aangesien ek soveel meer water drink nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Maya

Jy kan jou dokter vir 'n 24 uur kreatenien opruimingstoets en 'n nierfunksie toets konsulteer. Hy/sy kan jou ook vir 'n sonar van die niere en blaas verwys. Dit sal 'n volledige prentjie gee of daar enige iets is om oor bekommerd te wees.

Onthou net dat ons nie net vog deur die niere verloor nie en dus word urinere uitskeiding deur baie ander faktore bepaal.

Jou rou groente en vrugte dieet is baie gesond, maar proteine soos hoender en vis is ook baie belangrik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement