advertisement
Question
Posted by: Alna | 2009/04/06

blaas en dikderm

Ek het blaas wat altyd vol voel en drukking op my blaas, dokter het urine getoets en bloed gevind en na 3 reekse antibiotika voel blaas nog steeds dieselfde. As klaar gewater het, voel blaas nog steeds geirriteerd. Moet ook knyp as hoes of nies anders nat kol, ook as ek draf en blaas is effe vol, maak en my nat soos ek draf.
Dikderm is ook vi my ' n vreeslike verleentheid, sal sommer ' n wind uitkom as ek skielik opstaan of as ek loop kom dit uit en ek het nie beheer daaroor om te knyp nie. Het bekkenoefeninge gedoen maar niks nog gehelp nie.
Waar begin ek? By watter tipe dr. moet ek afspraak maak. Het ' n baie goeie ginekoloog waarheen ek kan gaan.
Groete Alna Theron

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Alna
Begin deur jou gyne te sien - sy moet kyk of jou bekkenvloer nie uitgesak het nie - dit kan veroorsaak dat jy nie kan knyp nie. Sy kan verwys na 'n uroloog as 'n blaas lig operasie dalk nodig is. Dit kan dalk ook wees hoekom jy nie lekker kan knyp vir die winde nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/03/26

Middag ek het vreemde ervaring en is nog steeds so. As ek klaar gewater het voel ek drukking op my blaas soos wat iemand op jou vol blaas sal druk. Ek kon ook in die verlede geknyp het ,maar as ek nou voel ek wil urineer en ek is nie betyds by toilet nie voel dit of my blaas wil bars en die uriene kom net!! Wat kan dit wees?? ek is 38 jaar oud het 2 swangerskappe gehad maar met keisersnitte. Ek drink op die oomblik cranberry pille. Kan dit infeksie wees of het my blaas gesak??

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement